Gestremde kind aan stoel vasgebind; ma vas

Die gestremde kind is aangetref waar sy op die vloer in ʼn kamer sit waar sy aan ʼn stoel vasgebind is. (Foto: SAPD)

ʼn 30-jarige vrou van Bela-Bela in Limpopo sal vandag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat sy glo haar 12-jarige gestremde dogter aan ʼn stoel vasgebind en die kind alleen in die toegesluite vertrek gelos het.

Die vrou is Dinsdag in hegtenis geneem nadat die plaaslike polisie deur bekommerde inwoners in kennis gestel is van ʼn kind wat deur haar ma verwaarloos word. Die inwoners het beweer die vrou sluit die kind gereeld alleen in die huis toe en laat haar daar aan haar eie lot oor.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê beamptes het ondersoek ingestel en die gestremde kind aangetref waar sy op die vloer in ʼn kamer sit waar sy aan ʼn stoel vasgebind is. “Die verdagte is onmiddellik in hegtenis geneem en die nodige stappe is gedoen om die kind na veiligheid te neem,” sê Ngoepe.

Die vrou staan tereg op aanklag van kinderverwaarlosing.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het sy kommer uitgespreek oor voorvalle waarin kinders deur hul ouers verwaarloos word. Hy het die gemeenskap geloof wat na vore gekom het om dié geval aan te meld en die res van die publiek aangemoedig om dieselfde te doen indien hulle bewus is van ʼn kind wat verwaarloos of mishandel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Willie ·

Werk sy nie dalk by Esidemeni nie? Hoekom is hulle ook nie vervolg nie?

Jacqueline ·

Daar is GEEN verskoning vir wat sy gedoen het nie. Daai kind het nie gevra om hier te wees nie.

Chris du Preez ·

Dis omdat hulle kinders wil kry net vir die kindertoelaag van die regering elke maand

Liza ·

Hoop sy sit in die tronk vir die res van haar lewe, hulle moet haar met ‘n helse klomp kettings vas maak………

lh ·

Ek het min klippe om te gooi na hierdie ma want dit is ‘n depressiewe toneel! Waar is die regering se bekostigbare instansies vir gestremde kinders soos hierdie? As jy na die agtergrond kyk op die foto kyk, lyk dit baie armoedig . . . sterkte aan hierdie kind, en almal soos sy, wat ly terwyl die vet katte daarbo se sakke al dieper raak!

Vania ·

Die gaan nie oor armoede nie,,, die gaan oor mishandeling. mens kan arm wees, mens kan op straat wees en niks he, maar mens het jou kind lief, mens behandel jou kind, jou vlees en bloed met liefde, watse tipe mens kan die aan hul eie kind doen… dis wat depresief is vir my!

Stormrider ·

Dis ‘n verskriklike situasie. Kom ons oordeel nie alvorens ons die feite het rondom wat die vrou al probeer het om hulp te kry nie. ‘n Gestremde kind het voltydse versorging nodig, maar die ma het stellig geen ondersteuningsraamwerk of familie om te help terwyl sy werk soek nie. Kom ons wees dankbaar dat ons nie haar kruis hoef te dra nie. Ek glo dinge sal vorentoe beter verloop vir haar en die kind ook.

Simpatie ·

Stem saam met jou, Stormrider. Wat weet ons? Ek verstom my oor mense se dikwels genadelose veroordeling.
Dit is natuurlik nie reg om dit te doen nie, maar ons staan nie in die ma se skoene nie.
Ek hoop sy kry hulp en vele ander soos sy.

Diane ·

Toe ek klein was, was daar artikel in huisgenoot oor russiese weeskinders wat vasgemaak is op toilet… ens. Verskriklik!! toe ek groot is, kry ek n gestremde kind. Sy moes leer toilet gebruik. Sy het heeltyd afgeklim en wou nie sit tot sy klaar is nie. Noodgedwonge het ek haar vasgemaak terwyl ek rondhardloop om my ander kinders te versorg. As sy haar ding gedoen het, het ek haar afgehaal. Sy gebruik toilet nou; sonder doeke. Daar is dus redes waarom mens sekere dinge doen. Nie altyd mishandeling nie. Die kind word dalk vasgemaak vir haar veiligheid. Moenie net oordeel as jy nie self in daai posisie is nie.

Liezel ·

Dit maak my baie hartseer. En ek is ook nie seker dat waar die kind nou gaan enigsins beter gaan wees nie? Die arme kind.

Wenner ·

Diane, ek het groot begrip vir jou punt. Maar ek vermoed hierdie kind is nie net vir klein, noodsaaklike tydjies vasgebind nie. Veral aangesien die bure dit ook raakgesien het.

Verstom ·

Nee regtig! Moenie oordeel nie???

Kyk na daai foto! NIKS regverdig dit nie.

SIES MAN!

Vania ·

Askuus, mis ons die punt hier… Armoede is ander gesprek … sy nie gearesteer vir armoede nie sy is gearesteer vir MISHANDELING.
Arm gee niemand reg om kind aan stoel vas te maak. asof mense meer simpatie het met die ma as die kind wat gestrem is???? sy nie gevra om hier te wees nie. Gestremde kinders het die reg op goeie lewe
of jy arm is of nie, of jy op straat is of nie, jy behandel jou eie kind vlees en bloed nie so nie

Hanna Hoekom ·

En Moeder staan seker elke maand heel voor in die Sassa ry?!

Martie ·

En dit is nie die eerste keer dat die gebeur nie …..volgens die bure. So armoede het niks hiermee uit te waai nie. Dit gaan oor die mishandeling

Christo ·

Ek sou graag daai vrou wou bystaan. Dink sy dra baie swaar. Sterkte vir haar. As jy nie self ‘n gestremde kind het nie kan jy nie kommentaar lewer nie. Punt.

Annamarie Cronjé ·

Ek voel ook of ek die mamma sal wil help. Hoe moeilik is dit nie vir haar om net soms ‘me time’ te hê nie.

W ·

Almal van julle wat so oordeel julle sonde en skandes word net anders gespel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.