Gestremde kind op skoolbus aangerand

‘n Skermskoot uit die video.

Die Gautengse departement van onderwys het ʼn voorval veroordeel waar ʼn gestremde kind glo onlangs op ʼn skoolbus aangerand is en toe hardhandig van die bus verwyder is.

Oupa Bodibe, woordvoerder van die departement, het Maandag gesê die voorval het die oggend van 8 September vanjaar by die Adelaide Tambo School vir gestremdes in Soweto plaasgevind.

“Die voorval is op ʼn selfoon afgeneem en wys hoe die voedselhanteerder ʼn leerder op ʼn bus aanrand, waarna die busbestuurder die vrou van die kind aftrek en die kind van die bus verwyder,” het Bodibe gesê. Die video is intussen wyd op sosiale media versprei, waarna die departement ʼn ondersoek van stapel gestuur het.

“Die voorval is nie deur die skool by die distrikskantoor aangemeld nie. Die departement het eers hiervan te hore gekom nadat die video aan die lig gekom het.”

Bodibe het gesê amptenare het Maandagoggend die skool besoek om verder ondersoek in te stel. “Daarbenewens het amptenare van arbeidsverhoudinge ook ʼn ondersoek van stapel gestuur om die omstandighede te ondersoek sodat tugstappe ingestel kan word.”

Volgens Bodibe het die leerder se ma eers op 13 September van die voorval uitgevind en het sy dadelik ʼn aanrandingsaak by die polisie aanhangig gemaak, waarna die voedselhanteerder in hegtenis geneem is. Sy is later op borgtog vrygelaat hangende verdere ondersoek deur die polisie.

“Die voedselhanteerder werk nie meer by die skool nie en die busbestuurder is van vandag af geskors hangende verdere ondersoek.”

Die departement is besig om berading te reël vir al die leerders wat deur die voorval geraak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

rollie ·

Watse omstandighede? Magtag man, die kind is gestremd, onder geen omstandighede kan dit toegelaat word nie. Hierdie boelies word darem nou lekker uitgevang met die selfoonvideos.

H... ·

Die kamstige voedselhanteerder moet maar by voedsel handering bly want sy kan nie met mense werk nie. BOELIE wat ‘n kind aanrand wat hom/haarself nie kan beskerm nie!!!!

NIKS MAAR NIKS MAAK DIT REG NIE NOOIT NIE!!!

Wern ·

Die geskiedenis het ons geleer hoe serere bevolkingsgroepe met hulle gestremdes maak.

tas ·

Voedselhanteerder is nie kos wat jy hanteer nie maar n kind .Ek is so so geskok dat jy as n vrou so kan optree teen n spesial need kind.Jy.moes nie eens borg gekry het nie .Special need children het regte net soos enige ander kind in die land .Ek self n ma van n spesial need kind.En glo my jy sal nie kans gehad het vir borg nie.Want julle.dink.julle wat op busse is is inbeheer van die kinder .Ek wens jy sal nagte se slaaplose nagte he wat voedselhanteerder jy is voedselhanteerder en nie n kind hanteerder nie .As jy moet voedesel harhandig werk gee dit jou nie te reg om met gestremde kinders so te werk nie .Mag jy kry wat jou kant toe kom .

Theresa ·

Sal nie aan die kos raak wat sy hanteer nie. Vreeslike optrede. Sou weggesteek gebly het as die video nie geneem was nie. Wreed, gevoelloos. Dit gebeur seker daagliks. Rillings om daaraan te dink. Straf vir aanranding. Dan 3x swaarder straf omdat die aanranding op ‘n gestemde was. Dan nog swaarder omdat dit op ‘n gestremde kind was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.