Gestremde man sterf by Kangogrotte

Foto: cangocaves.co.za

Foto: cango-caves.co.za

ʼn Gestremde man is Vrydagoggend dood toe hy by trappe by die Kangogrotte naby Oudtshoorn in die Wes-Kaap afgeval het.

“Die 41-jarige man het ʼn noodlottige kopbesering opgedoen toe hy by die trappe in Botha-saal afgeval het,” het Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die plaaslike munisipaliteit, in ʼn verklaring gesê. “Die man het vermoedelik een van die trappe gemis en geval.”

Mangqwengqwe het gesê die grotte se mediese span is onmiddellik ontbied. “Alle pogings om die man by te bring was tevergeefs en hy is op die toneel dood verklaar,” het hy gesê.

Die man was deel van ʼn toergroep van Eljada, ʼn plaaslike sentrum vir mense met gestremdhede, wat aan ʼn komplimentêre toer van die grotte deelgeneem het. Mangqwengqwe kon nie bevestig op watter wyse die man gestremd was nie. Hy sê die oorsaak van die man se dood word deur die polisie ondersoek.

Die toere by die grotte is tydelik opgeskort en sal Saterdag hervat. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.