Gestremde meisie sterf in botsing

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

Twee mense, ʼn man en ʼn tienermeisie, is Dinsdagoggend dood toe ʼn bakkie en ʼn bussie wat gestremde leerders vervoer het, in Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, gebots het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ʼn minibustaxi het 24 gestremde leerders na hul skool geneem, toe die bus en bakkie omstreeks 07:10 op die R25 gebots het. Dit is nog nie bekend hoe die botsing plaasgevind het nie.

Paramedici van Netcare 911 en Gautengse nooddienste is na die toneel ontbied.

“Die bestuurder van die bakkie en ʼn gestremde tienermeisie is op die toneel dood verklaar. Twee van die kinders is in ʼn kritieke toestand aangetref en een van hulle moes met ʼn Netcare 911-helikopter na ʼn hospitaal in Johannesburg geneem word. Die res van die kinders het geringe tot matige beserings opgedoen,” het Mathe gesê.

Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en met ambulanse na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Lees ook: [Opvolg] Boer sterf in noodlottige Pta-botsing

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Annaleen Du Toit ·

Dis seker vir die kinders baie erg. Wil egter net vra, hoe laat begin hul skool dan? Of is dit meer soos ‘n dagsorg sentrum?

Asjas ·

Hul skole begin gewone tyd maar hulle is alewig laat en daarom vat hulle kanse met die kinders aan boord.
Is elke oggend in daardie omgewing, hulle jaag soos die duiwel en gee nie om nie.

Antony ·

Ek stem. Hulle jaag te veel en het die voertuig om n draai verby gevat. Dis waar die ongeluk plaasgevind het. Ons goeie vriend is onnodig weggeneem. Sterkte en liefde aan die familie van beide oorledendes.

charlene ·

Ek hoop daar gaan bystand aan die families gegee word, dis baie anders vir die kindertjies om so `n skok te verwerk, hulle het baie meer aandag nodig om oor dit te kom. Sterkte aan die oordene 2 mense se families, en sterkte aan al die ander ouer.

jannie hertzog ·

Die taxi het op blinde hoogte bakkie verby gevat en verby gaande bakkie op deur gestamp en bakkie en taxi beheer verloor en deur lug gevlieg. Blanke man is n boer in die omgewing wat oppad veiling toe was. Die ongeluk was voor 8h00 gewees al. Die taxi drywer was nalatig en ongeluk veroorsaak. Was op die toneel.

Katrien ·

Oor die algemeen het hierdie mini-bussies wat veral gestremde kinders vervoer ook nie sg ‘babastoeltjies’ in nie, want die bestuurders verkies om eerder meer kinders te vervoer op een slag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.