Gestremde Mpuma-boer aangerand

Argieffoto

Argieffoto

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die aanval op Johan Lange (70), ʼn gestremde boer van Mpumalanga, en sy gesin nie, het Beeld Dinsdag berig.

“Hulle het my pa gedwing om die heeltyd ‘Ek is lief vir swartmense’ te sê,” het Lange se dogter, Monique, aan die koerant gesê.

Vyf gewapende mans het glo oor ʼn heining gespring en Lange uit sy rolstoel gepluk voor hulle hom aangerand het. Die voorval het Saterdagaand omstreeks 22:00 in Kiepersol, Mpumalanga, plaasgevind.

Monique Lange (34), haar man Bernhard Bekker (36) en hul 13 maande oue babaseuntjie het by Johan gekuier toe die aanvallers toegeslaan het.

Die verdagtes het vyf jaggewere en ammunisie uit ʼn kluis gesteel, sowel as ʼn skootrekenaar, selfone, geld en bankkaarte.

Bekker is aangerand en vasgemaak en die baba is aan Monique vasgemaak. Sy kon haarself loswikkel en hulp ontbied.

Die mans het in Bekker se bakkie gevlug. Die polisie het voertuig Sondag sowat 30 km verder by die Mkhulu-sportterrein opgespoor.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anne Moss ·

Ek stem saam dat ons almal in ons taal waarin ons gebrore is, geleer word. Kom ouers staan saam en kyk hoeveel ander gaan saam op staan..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.