Gestremde seun sterf tydens skietery met polisie

(Foto: SA Polisie)

David Makhura, die premier van Gauteng, veroordeel ten sterkste die geweld wat tot die afsterwe van die 16-jarige Nathaniel Julies van Eldoradopark gelei het.

Nathaniel, met serebrale verlamming, het Woensdag na bewering in die kruisvuur beland tussen ʼn bende en die polisie. Hy is Woensdagaand in ʼn hospitaal oorlede. Die skietery het onstaan ná die polisie ʼn wenk ontvang het oor gesteelde motoronderdele.

“Ek is baie ontsteld oor die gebeure wat gelei het tot die afsterwe van ʼn onskuldige seun. Ek betuig my innige meegevoel met die Julies-familie namens die Gautengse provinsiale regering,” het Makhura in ʼn verklaring gesê.

Die saak is na die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat verwys vir verdere ondersoek.

Makhura versoek die gemeenskap om nie te spekuleer nie, maar eerder te wag vir die uitslag van die ondersoek.

Mo Senne, woordvoerder van Not In My Name International (Nimni), voer egter aan die seun is dood as “ʼn direkte gevolg van gewapende mans in blou wat nie voldoende opleiding ontvang het nie”. “Volgens berigte voer die familie aan die seun is dood toe hy nie op versoeke van die polisie gereageer het nie, maar hulle wys daarop dat hy nie daarop ag kon slaan nie, omdat hy serebraal gestremd was.”

Die gemeenskap het geregtigheid geëis vir Nathaniel se afsterwe en dit het tot betogings in die gebied gelei. Polisiebeamptes moes van rubberkoeëls gebruik maak om die ontstoke skare uit mekaar te jaag.

“ʼn Lid van die gemeenskap het gesê dit is die tweede voorval in die gebied en daar was geen aanspreeklikheid vir die eerste voorval nie,” het Senne bygevoeg. “Dit is baie gevaarlik om polisiebeamptes te hê wat vuurwapens rondswaai sonder dat hulle ʼn behoorlike begrip het van hul mandaat. Hulle het kriminele geword wat wag om terreur te saai. Hulle is verantwoordelik vir die afsterwe van ongeveer 10 persone tydens die landswye afsonderingsperiode. Die polisie se opleiding moet herevalueer word en die bevindings van die doeltreffendheid van die bestaande kurrikulum moet publiek bekend gemaak word. Ons bly verbind daartoe om kwessies van openbare ontevredenheid in ʼn nie-verwoestende manier te takel deur die magte en regte wat in die Grondwet vervat is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sarel ·

Geen verwysing na die Misdadigers wat ook onwettige vuurwapens rondswaai
So weereens vetkies die gemeenskap die misdadigersbo die Polisie. Wat van die kinders op die Kaapse Vlskte wat tydens Bendegewekd gesterf het.
Ek voel jammet vir die familie maar die seun moes ook nie alleen gewees het nie.
Mnr. Mo Senne ondersteun u die misdafigers wat verantwoordelik was vir onskuldige kinders op die Kaapse Vlakte.

Snowball ·

Gangster state. Die mense van SA is uitgelewer – aan die een kant die gewetenlose kriminele, aan die ander kant, gewetenlose kriminele in uniform.

Cherokee ·

Ten minste word dit ten sterkste veroordeel. ‘n Rympie wat deel geword het van elke berig oor kriminele aktiwiteite en stommiteite.

marius ·

Is dit nou die polisie se skuld dat kriminele die land oorheers ?

Michael ·

Ek kan nie glo dat daar nog mense is wat in die polisie wil wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.