Gestremde tiener deur swaer verkrag

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

ʼn 33-jarige man van Thusi in Ermelo is lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy aan die verkragting van sy verstandelik gestremde skoonsuster (15) skuldig bevind is. Die meisie het glo die verstandelike vermoë van ʼn 10-jarige kind.

Die man het die tiener na bewering op 15 Maart 2020 by ʼn familiegeleentheid oorreed om hom in die straat te ontmoet, waarna hy haar in die veld ingesleep en verkrag het.

Volgens Monica Nyuswa, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, het die meisie glo uit vrees vir niemand vertel wat gebeur het nie.

Haar ma het egter opgemerk dat sy vreemd optree en haar daaroor uitgevra.

Die verdagte is kort daarna in hegtenis geneem.

“Die man het onskuldig gepleit en beweer dat die tiener gewillig ingestem het om met hom seks te hê.

“Hy beweer ook die meisie het gesê sy is 18 jaar oud en dat hy nie geweet het sy is verstandelik gestrem nie.”

Die hof het egter die beskuldigde se verklaring verwerp.

Die meisie se broer het in die hof getuig dat hy gesien het hoe die man sy suster in die veld insleep.

Die staatsaanklaer, Chanè Rothman, het verder mediese en sielkundige verslae oor die meisie se toestand en beserings wat sy tydens die voorval opgedoen het as bewyse ingedien.

DNS-uitslae het die man ook positief met die verkragting verbind.

Die tiener het in ʼn slagofferimpakverslag gesê dat die voorval haar lewe diep geraak het en dat sy niemand meer vertrou nie.

Benewens die tronkstraf het die hof die beskuldigde onbevoeg verklaar om met kinders te werk en beveel dat sy naam op die nasionale register vir seksoortreders geplaas word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Buck ·

As die broer dit sien, en niks doen nie….. Hang die midadiger.

Belinda ·

As ander daarvan geweet het en niks daaraan gedoen het nie, dan is daardie persoon net so skuldig!

Darts girl ·

Dis vir my skokkend dat ek lees dat die broer getuig het van wat gebeur het en gesien het hoe dit gebeur. Hoekom het hy hom nie gaan keer nie?

Belinda ·

As jy daarvan weet en jou blerrie bek hou, dan is jy NET so skuldig.
Hoe kan jy jou bek hou as jy weet wat aangegaan het?
As mens van so iets uitvind moet jy dit dadelik rapporteer. Nie jou mond hou en maar hoop dit kom nooit uit nie. Watse tipe mens is jy dan en hoe leef jy met so gewete as jy WEET dis verkeerd?

Marcello ·

Ek dink “sommige” mense weet nie wat ‘n gewete is nie…… draai maar net die kop weg en glo dit sal nie uitkom nie…… hy is net so skuldig…

Marcello ·

As die broer gesien het, hoekom het hy niks gedoen nie…..??????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.