Gestremdes geskuif ná moord in versorgingsentrum

(Foto: Daan Stevens/Unsplash.com)

Gestremde inwoners van ʼn versorgingsentrum in Ga-Rankuwa moes inderhaas geskuif word nadat inwoners van dié gebied buite Pretoria die sentrum bestorm het.

Die Gautengse departement van maatskaplike werk moes pasiënte van die Itireleng‑ inwonende versorgingsentrum tydelik na ʼn ander fasiliteit skuif nadat inwoners van Ga-Rankuwa die sentrum bestorm het op soek na ʼn verdagte wat glo ʼn pasiënt in dié sentrum vermoor het.

Talle inwoners het Woensdagaand by die sentrum opgedaag en gevra dat hulle toegelaat word om te soek vir die 19-jarige man wat glo die afgelope naweek ʼn 58-jarige man in die sentrum vermoor het. Albei dié mans was ten tye van die aanval inwoners van die sentrum.

Die departement sê in ʼn verklaring die pasiënte is vir hul eie veiligheid na ʼn ander sentrum geskuif tot die situasie by Itireleng weer onder beheer is.

“Ons verstaan die gemeenskap se pyn ná die moord op ʼn pasiënt in Itireleng. Die gemeenskap moet egter onthou dat die ondersoek na die voorval, die inwin van bewyse en die soektog na verdagtes die polisie se werk en verantwoordelikheid is,” het Panyaza Lesufi, tydelike LUR van maatskaplike werk, in Gauteng gesê. “Ons versoek die gemeenskap dus om kalm te bly en die polisie toe te laat om hul ondersoek so vinnig moontlik af te handel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.