Getal Covid-19-gevalle styg met 46%

Verspreiding van die koronavirus in Suid-Afrika.

Die getal Suid-Afrikaanse inwoners wat positief getoets is vir Covid-19 het in die afgelope 24 uur van 274 tot 402 toegeneem. Dit beteken die getal het met 128 (46%) toegeneem sedert Sondag. Dit is die vinnigste toename sedert die eerste geval aan die begin van die maand in Suid-Afrika aangemeld is. Dié toename kan egter te wyte wees aan die feit dat toetse vinniger gedurende die week as oor naweke verwerk word, eerder as dat meer mense die afgelope 24 uur aangesteek het. Al meer mense laat hul ook vir die virus toets.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het dié syfers Maandagmiddag bekendgemaak. Die Noord-Kaap het sy eerste geval aangemeld. Dit beteken in elke liewe provinsie het ten minste een persoon positief getoets vir Covid-19.

Gauteng is steeds die provinsie met die meeste gevalle (207) gevolg deur die Wes-Kaap (100). In die meeste van die gevalle waar die ouderdom van die pasiënt bekend is (69 van die gevalle), is die pasiënte tussen 31 en 40 jaar oud. In 63 van die gevalle is pasiënte tussen 51 en 60 jaar oud en in 52 van die gevalle is die pasiënte tussen 21 en 30 jaar oud. Die departement weet egter nog nie wat die ouderdom van 129 pasiënte is nie.

“Dié inligting moet nog deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) bevestig word,” sê Mkhize.

Mkhize sê Ramaphosa sal die nasie toespreek oor die maatreëls wat ingestel sal word om die uitwerking van Covid-19 te beperk. Dit is egter nog nie seker wanneer presies die president dié toespraak sal lewer nie, maar dit sal na verwagting Maandagaand plaasvind.

“Ons prioriteit is nou om provinsies in te lig oor die nuwe gevalle sodat die mense wat met positief getoetste pasiënte in aanraking was, opgespoor kan word,” sê Mkhize.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Renette

“Ons prioriteit is nou om provinsies in te lig oor die nuwe gevalle sodat die mense wat met positief getoetste pasiënte in aanraking was, opgespoor kan word,” sê Mkhize ——–> Dis nou juis dit wat my slapelose nagte gee, hoe weet ek die persoon wat saam my werk het dit nie ek het langs hom gestaan vanoggend toe ek in die lift was hyt genies maar nie sy hand of elmboog voor sy gesig gehou nie, hoe weet jy of dit nie een van die bevestigde gevalle is nie en hoe weet jy dan nie dat jy al 30 /… Lees meer »

Werner

Dis nou nog n afdeling wat ons met loshande gaan wen om een van die dae die meeste corona gevalle te gaan he hulle maatreels gaan niks help solank die taxis nog werk nie en hulle sal nie ophou nie

minette

ja mense dink mos die is een groot grap

Africangrey

Die taxis busse treine, ALLES MOET STOP, hier waar ek bly moet almal by die huis bly, net dr s en verpleegsters en vitale beroepe mag gedoen word, as 1 van die ouers so n beroep het, moet die ander ouer na die kinders omsien, net as albei so n beroep het mag die kinders dagsorg toe, en dit word nagegaan, so jy kan nie lieg nie,

marius

Duisende word weggewys omrede daar geen toestelle is om mee te toets nie . As jy dit ontken dok tor klim in jou heli en vlieg limpopo toe dan gaan stel ons jou voor aan jou eie klinieke en staats hospitale wat hul skouers optrek .