Getal polisiereserviste daal met 86% sedert 2010

(Foto: SA Police Service via Twitter)

Die Demokratiese Alliansie het onthul die getal polisiereserviste het sedert 2010 met 86% afgeneem.

In reaksie op ʼn vraag van die DA in die parlement, het die polisiekommissaris onthul dat die getal reserviste van 63 592 gedaal het na 8 908, het Andrew Whitfield, die DA se skaduminister van polisie, in ʼn verklaring gesê.

“In ʼn land waar ons ongekende vlakke van geslagsgebaseerde geweld en gewelddadige onluste beleef, is dit ondenkbaar dat die regering só ʼn dramatiese afname in die getal polisiereserviste geïgnoreer het,” het Whitfield gesê.

“Die reserviste speel ʼn noodsaaklike rol om die polisie by te staan en maak dit ook moontlik vir polisiebeamptes om beskikbaar te wees vir groter polisiesigbaarheid wat uiters noodsaaklik is in Suid-Afrikaanse strate.”

Die SAPD kort 64 000 polisiebeamptes om te voldoen aan die Verenigde Nasies se polisie-tot-burgerlike-ratio van 1:220. In Suid-Afrika is die ratio 1:380. “Die gebrek aan sigbare polisiëring het ʼn beduidende impak op die veiligheid en sekuriteit en om gewelddadige misdade te bekamp,” het hy bygevoeg.

Reserviste speel ʼn noodsaaklike rol om seker te maak dat daar meer voete is op die grond deur gewone polisiebeamptes te ondersteun.

Die DA doen ʼn beroep op minister Bheki Cele om dringend meer hulpbronne beskikbaar te maak aan die polisiereservisteprogram om meer voete op die grond te verseker om gemeenskappe te beveilig.

“Ons versoek ook die minister om die streng vereistes te hersien om ʼn reservis te word. Dit duur tans 30 maande om ʼn reservis op te lei. Dit is in skrille kontras met die SAPD se basiese opleiding waar nuwe rekrute slegs 24 maande opleiding ondergaan. Ons moet dit makliker maak vir toegewyde Suid-Afrikaners om reserviste te word. Reserviste is gewoonlik afgetrede SAPD-lede wat ʼn verskil wil maak in die land.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Johnny ·

Die reserviste word onderdruk om korrupsie openbaar te maak hul doen werk vir hul gemeentskap so hoe minder daar is hoe meer korrupsie

SjN ·

Wie wil sy dienste gratis aanbied en die wat salaris verdien per maand nie in staat is en nie die job kan doen nie, viva

Jo ·

Wie in sy regte kop wil n reservis word? Jy word nie betaal nie en dan word jy bloodgestel aan al die gemors in ons land. Dis waar selfmoord toeneem

Danie Koch ·

Ek is n gewese Polisie reservis,sit met 35 jaar se ondervinding as Hondemeester en spesialiseer in dwelms en springstof. Ek het n hoogs opgeleide dwelm en perlemoen hond en het my dienste aangebied. Niks kan ondervinding koop nie. Eks summier weggewys. Hoekom? Omdat ek 67 jaar oud is. Te oud vd Polisie.
Hoe belaglik in totaliteit.

Lolla ·

Ek was vir 10 jaar ‘n Polisiereservis gewees wat ‘n 8 to 5 werk gehad het en nog steeds 120 ure per maand vir die SAPD na ure gewerk het. Ons het met trots ons werk gedoen 1993 tot 2003 tot die nuwe regering ons blankes stelselmatig begin uitwerk het., en dis waar Danie Kock niks kan ons ondervinding van ons weg neem nie. Ons het sonder vergoeding gewerk sonder om te kla.

Doris ·

Ek moet sê in die ou dae was die reseviste goed opgeleide afgetrede polisiemanne of manne wat Weermag opleiding gekry het dan word jy ook gekeur sonder enige vergoeding. Vandag kan jy nie sulke werk doen sonder enige vergoeding nie wat sal van hul naasbestaandes word as n resevis aan diens enige beserings opdoen of dood geskiet word.

KrokodilBotha ·

Eskuus, as jy reservis vandag is , en jy le en wag vir die skelms, beter jy die ander reserviste soos n nag uil dophou . Jy speel met jou lewe.

Kobus ·

Reserviste was en word steeds uiters swak behandel. Ek weet van gevalle waar groot getal Reserviste ,insluitende Bevelvoerder, bedank het oor reels neergelê deut Stasiebevelvoerder. Daai stad het vandag geen werkende Reservistemag nie.

Liz ·

Jy’s reg Kobus. Reserviste word baie sleg en stief behandel en die laaste ruk was so sleg, dat die manne met die grootste passie dit nie kon uitstaan en dat jy met geen keuse gelaat is as om maar eerder te los nie…

koos ·

Reseviste volgens my kennis word betaal. Die vraag moet ook gevra word hoeveel reseviste is in die SAPD opgeneem in die tyd?

Heksie ·

@Koos, reserviste word nie betaal nie, dis ‘n vrywillige diens aan jou gemeenskap.

Reservis ·

Reserviste ontvang wel met geleentheid vir spesiale dienste vergoeding. Dit is egter selde genoeg vir ‘n bord kos.

J van Rustenburg ·

Reserviste word betaal Dis seker hoekom dit tot niet gaan Daar is net nie meer geld nie Moet nie verwar word met Gemeenskap polisieering nie Dit opereer soos n buurtwag wat geen magte het nie en ook vrywillig is

Arno Scheepers ·

Dit is logies. Jy moet werklik onnosel wees om in DIÉ polisie n reservis te wil wees.

onnosel ·

Onnosel reken jy Arno. Party mense kies om op te staan en iets te gaan doen eerder as om te sit en kla en kritiseer.

Diefie ·

Eish, mense wie gaan so mal wees om reservis te word in die land? Jy kan dan selfs nie die polisie vertrou nie. Skuus aan die eerlike en opregte polisie. Laat hullle verseker magteloos voel.

gert ·

Iemand moet iets doen. Blanke afrikaners het maar ‘n gewoonte om die moeilike werk vir die malles te los en dan te kla oor dit nie reg is nie.

Natascha ·

Laat almal wat aansoek doen vir Polisie en sommer die weermag ook gekeur word soos in die ou dae, dan sal hul wel die regte mense kry vir die werk.
Maar die meerderheid van die polisie het rekords, en tog is hul in diens om ons as burgers te beskerm.
Ek sal ook nie in vandag se tyd n reservis wil wees, sorry, neem jul die mense kwalik omdat hul nie meer aansoek doen om as reservis te dien???

reservis ·

En as niemand dit wil doen nie…… Dan word dit nie gedoen nie. Haal jou hande uit jou sakke afrikaner.

Heksie ·

SAPS soek net hul “tipe” reserviste om daai funksie te vervul, eerlike blanke lede is nie welkom nie!
Van die hele opleidingsgroep van 2018 by opleiding in Krugersdorp was daar net 4 blanke jong manne ….

Linda ·

Nee wat, ek sal nie verniet my lewe op die spel plaas om die SAPD se oë en ore te wees nie. Hulle neem inelkgeval gladnie meer blankes indiens nie.
Ons is 310 personeel lede waarvan ±10 blank is en dan is ons nog steeds te veel blankes hier. Die SAPD moet maar eenvoudig net meer mense indiens neem en die reserviste vervang. Vandag hou jy jou oë en ore oop en mense word op ‘n Vrydag inhegtenis geneem vir dwelms, maar Maandag loop daaiselfde persoon weer terug op straat.

geld ·

En met wie se belasting gaan hulle almal betaal. Jy plaas nie jou lewe verniet op die spel nie, dit is ter wille van jou medemens, jou familie, jou geliefdes. jy kan nie toelaat dat donker die lig uitdryf nie sneeuflokkie.

J van Rustenburg ·

Reserviste word betaal Dis seker hoekom dit tot niet gaan Daar is net nie meer geld nie Moet nie verwar word met Gemeenskap polisieering nie Dit opereer soos n buurtwag wat geen magte het nie en ook vrywillig is maar kos Saps niks nie

Carel Breytenbach ·

Alhoewel die syfer dalk skokkend mag wees, moes dit immers tewagte gewees het. Die reserviste was hoofsaaklik blank gewees en het hulle gemeenskap bedien en gehelp beveilig. Die ANC polisie daar teenoor, soos uit alle media afgelei kan word, is in baie gevalle be-vooroordeeld teenoor die land se blanke burgers, onwillig om te help, korrup en selfs dreigend met magsbehep oor sy eie belangrikheid. Die reserviste kan onder die omstandighede nie kwalik geneem word omdat daar selfs rassistiese ondertone ook by tye kop uitsteek. Dit is egter verblydend dat gemeenskappe begin besef op die ANC polisie kan jy nie staatmaak nie en het begin om self vir hulle eie veiligheid voorsorg te tref in uiters blank onvriendelike ANC/EFF aliansie Suid Afrika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.