‘Getuie’ in moordsaak teen burgemeester doodgeskiet

Dr. Ntuthuko Mahlaba, burgemeester van die Newcastle-munisipaliteit. (Foto: ANA) 

ʼn Man, vermoedelik ʼn getuie in die moordsaak teen dr. Ntuthuko Mahlaba, burgemeester van die Newcastle-munisipaliteit, is Sondag op dié dorp in KwaZulu-Natal doodgeskiet. Nóg ʼn man is gedurende die voorval dood toe hy in die kruisvuur beland het.

Luidens ʼn verklaring deur die polisie is twee mense dood en drie ander beseer tydens ʼn voorval in die dorp se sakesentrum. Volgens die polisie blyk die aanval ʼn politiek gedrewe daad te wees.

“Die sakeman Buthanani Golden Shange (63) en sy vriend, die voormalige skoolhoof Martin Nkosenhle Sithol (47), het voor die Shange-winkel gestaan toe hulle deur onbekende gewapende mans geskiet is. Drie omstanders is in die voorval gewond,” lui die verklaring.

Mahlaba word aangekla vir sy beweerde verbintenis met die moord op Wandile Ngubeni, plaaslike ANC Jeugligaleier, in 2016. Die burgemeester staan tereg op aanklag van moord, poging tot moord en twee aanklagte van sameswering om moord te pleeg nadat Ngubeni in Mei 2016 by Ikasi Lounge in die Madadeni-nedersetting doodgeskiet is terwyl hy saam met ’n groep vriende gekuier het.

Reneilwe Serero, woordvoerder van Bheki Cele, minister van polisie, het gesê hoewel sy Sondag se skietvoorval kan bevestig, kan sy in dié stadium nog nie bevestig of die slagoffer wel ʼn getuie in Mahlaba se moordsaak is nie.

Dit is wel bekend dat die man wat geskiet is ʼn voormalige ANC-tesourier in die eMalahleni-distrik was.

Terwyl die motief van die aanval in hierdie stadium onbekend is, sal die polisie se taakspan wat politieke moorde ondersoek, die ondersoek oorneem. Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met inligting oor die aanval om die polisie te kontak.

Mahlaba is vroeër vanjaar op borgtog van R20 000 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JWC ·

Tragies, onnodig en sinneloos….. Innige simpatie met die naasbestaandes en mag geregtigheid uiteindelik eendag oorwin….. Hierdie land se wreedheid strek tot aan hemele! Wat ‘n skande! Rus in vrede onskuldige mense….

PJC ·

Dit is darem ń maklike manier om van getuies ontslae te raak. ń Mens hoop maar net die polisie wat die saak ondersoek is nie ook in hierdie ou se sak nie.

Ben ·

Na die verkiesing het ons president mr
ramdiedosa gesé, Suid-Afrikaners wil hé, die anc moet die land (laat ly) dit is nou net moord, doodslag en afslachting op ons paaie. Wragtig hy t dit reg gekry…ons lewe in n verskriklik land!

SjN ·

Boendoehof sorteer mekaar uit, vinnig en regverdig, gereg kan nie weens onbevoegdheid.

Siener van Melbourne ·

Shaka se laaste woorde aan Dingaan was “Are you stabbing me, kings of the earth? You will come to an end through killing one another.”

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
So baklei hulle oor die bodemlose geldpot.
.
.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.