Getuienisleier vies oor beperkte ondervraging van Zuma

Oudpres. Jacob Zuma by die Zondo-kommissie van ondersoek. (Foto: Karen Sandison/ANA)

Regspanne by die kommissie wat staatskaping ondersoek, het Woensdag weer koppe gestamp oor vrae aan oudpres. Jacob Zuma.

Adv. Paul Pretorius, getuienisleier, het gekla dat hy ingeperk voel in sy ondervraging van Zuma.

Voordat hy met die getuienis van die voormalige minister van openbare ondernemings, Barbara Hogan, wou begin, wou Pretorius Zuma verder uitvra oor die afdanking van die voormalige regeringswoordvoerder, Themba Maseko.

Maseko het volgens vroeëre getuienis geweier om gehoor te gee aan die Gupta-familie se eise. Hy is onderbreek deur Zuma se regsverteenwoordiger, adv. Muzi Sikhakhane, omdat hy na Maseko se getuienis teruggekeer het.

“Ek het nie ʼn probleem om vrae af te handel en na die volgende getuienis aan te beweeg nie. Waarmee ek wél ʼn probleem het, is die kommerwekkende manier waarop beheer uitgeoefen word oor watter regspan vrae aan mnr. Zuma stel,” het Pretorius gesê.

Sikhakhane het gekla dat Pretorius vrae heen en weer vra en dat daar ʼn struktuur aan sy vrae moet wees.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, het die prosedurele reëls neergelê en die regspanne aan hulle rolle herinner. Zondo het gesê hy wil nie ʼn streng reël maak oor hoe om voort te gaan nie en dat die proses bestuurbaar is solank as wat Zuma vrae wat Pretorius stel, kan antwoord.

“Ek kan nie sien dat hulle [Zuma se regspan] iets gesê het wat suggereer dat Zuma nie vrae gevra kan word om die waarheid vas te stel nie. Die kommissie se regspan is vry om hulle werk te doen. Oor die kwessie wat Sikhakhane geopper het, is my opvatting dat hy die houding van die voorsitter verstaan,” het Zondo gesê.

Pretorius het Zuma daarna vrae gevra oor Hogan se verdoemende getuienis waarin sy sê die ANC se Polokwane-konferensie in 2007 – waar Zuma tot president verkies is – het gelei tot ʼn verdeelde party. Sy het gesê diegene na aan die leier is klaarblyklik met poste in die regering en by staatsbeheerde ondernemings beloon.

Zuma het getuienis oor die ANC se ontplooiing as “haar eie siening en mening” afgemaak.

Hy het gesê die ANC se ontplooiingskomitee stel niemand aan nie, maar doen aanbevelings aan ministers oor wie om in watter pos te plaas.

“Dit is nie waar dat mense ná Polokwane kant gekies het nie. My probleem is dat die kommissie inligting gaan kry oor sekere dinge in die ANC wat nie akkuraat is nie en dat dit gaan eindig deur interne ANC-politiek te bespreek. In die ANC se ontplooiingskomitee, byvoorbeeld, kan amper almal nie van een faksie wees nie, omdat die mense [die komitee] deur die [ANC‑] struktuur aangestel word,” het Zuma gesê.

Hy het verduidelik dat benewens die ANC se komitee, die kabinet sy eie komitee het wat die geskiktheid van kandidate ondersoek.

“Jy kan nie sê die nasionale uitvoerende komitee [NUK] is ʼn faksie nie. Dit is hoekom ek sê dit is haar eie mening. Sy was net deel van ʼn NUK. Ek het dit probeer ontwyk omdat dit haar eie mening is. Dit is nie waar nie. Net omdat iemand goeie punte kry en ʼn ander een sê ‘jammer, hy is nie in my faksie nie’ [beteken nie hy kan nie aangestel word nie]. Dis nie waar nie.

“ʼn Groot kabinetskomitee, waar die president en adjunkpresident teenwoordig is, bespreek kandidate se vermoëns. In sommige gevalle sê die kabinet hy aanvaar nie ʼn kandidaat nie. Jy kan nie kies en keur nie, die proses is baie deeglik.”

Die oudpresident is besig met sy derde dag van getuienis voor die kommissie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Genieve ·

Zuma se regspan weet hy lieg nou wil hulle elkeer vir Pretoruis in die rede val hulle is almal korrup wonder wat maak hom so spesiaal dat Pretoruis rond en bond vrae .

fred ·

dit is nou n sirkus en zuma is die clown…conspiracies, doodsdreigemente,geheueverlies,ens….en hierdie man was vir 10 jaar n president van n land?????

Magda ·

Het hy gedink dat hy soos n “president” behandel gaan word toe nie – Kry vir jou, en voel hoe dit voel om aan die eerlike kant van die lewe te wees, maar duidelik ontsenu dit jou so dat jy moet KLA oor alles – Die waarheid kom altyd uit, al is dit jare later. Hoop jy gaan kry wat jy verdien, anders hoop ek dat jou lewe met GOD reg is voor jou geslepe ogies sluit, want daar is dit net regverdigheid / eerlikheid en net 1 Judge (GOD) . Geen prokureurs wat opstaan vir jou nie. GOD SLAAP NIE JOU /*-8/+98/85

Josua Keys ·

Dalk moet hulle vir Gerald op kyk-net nader en vra watter toekoms sien hy vir Zuma en die Zuma regsspan, dit is duidelik dat Zuma se regspan alles in hul vermoë probeer om vrae te ontduik, ek dink Gerald sal vir hulle sê, hy sien ‘n visioen op die horison in die vorm van Gerrie Nel alla “Buldog”wat op hom wag en as hy hom sou raad gee eerder nou met die waarheid uitkom anders gaan dit net donderstorms vir Zuma en sy span wees, woes en leeg!!!!

Suzette Geringer ·

As hierdie ou verantwoordelik gehou gaan word vir wat hy aangevang word, vreet ek my hoed op….

Koos de Meyer. ·

Hy het van niks geweet nie. Ook nie dat hy ons land in die afgrond in ge voeter het nie. Maklike verskoning.

TLC ·

Ag help n bietjie daar help n bietjie help n bietjie daar
Omw wat n nar en slegste van als is hy sali die tronkdeure hoor sluit nie

Lana ·

Dalk nie hoor nie, want iemand gaan beslis sy ore doof klap.

Gert ·

Mense, hy was vir 10 jaar die nr 1, die 10 jaar het ons sy salaris betaal, hy het nooit iets gese, geen dokumente geteken nie, en meeste van die tyd op kantoor gesit en slaap want hy kan niks onthou nie. Dis hoekom daar hofsake was om die nodige verslae te kry. Nou sit hy voor die kommissie en die regter en getuie leier moet sy g …t lek om vrae te beantwoord. Verder wil sy regspan ook darem gesien word, want ons betaal vir hulle, so daarom moet hulle ook so nou en dan onderbreek, As ek die regter is waarsku ek die regspan dat hulle moet ophou met hulle vertraagings taktiek of stuur hulle uit

Boet Fasie ·

Zumpie het nou geheueverlies of altzheimers of het baie groen olie gebruik wat hy laat wettig het ,( Die Zuma stop)????????????????

aj ·

Die Zondo kommissie is aangestel om vir Zuma te ‘vergewe’ en te verskoon van al sy wandade.

As die ANC ernstig was oor Zuma se misdadigheid sou hy onder arres in ‘n kriminele hof gesit het.

Maar die hele ANC is aandadig en medepligtig … en behoort na regte saam met Zuma in ‘n kriminele hof vervolg te word.

Dit gaan nie gebeur nie want …’ all animals are equal … but some are more equal …:

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.