Getuies in Thandi Modise-saak móét in hof verskyn

Kapt. Tebogo Mokolobate. Foto: AfriForum

Bejani Chauke, pres. Cyril Ramaphosa se raadgewer, en kapt. Tebogo Mokolobate moet op 29 April in die Potchefstroomse landdroshof verskyn óf arrestasie staar hulle in die gesig.

Hulle is as getuies gedagvaar in die private vervolging van Thandi Modise waarin AfriForum se private vervolgingseenheid namens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) optree.

AfriForum se private vervolgingseenheid het dié persone kragtens artikel 205 van die Strafproseswet verplig om vroeër vandeesmaand in die Potchefstroomse landdroshof te verskyn ten einde die vervolgingspan van wesenlike en relevante inligting ten aansien van die saak teen Modise te voorsien.

Chauke was nie tydens die hofverrigtinge teenwoordig nie en sy regsverteenwoordiger het aangedui dat hy weens mediese redes nie teenwoordig kon wees nie. AfriForum het egter ’n aansoek ingedien vir die uitreiking van ’n lasbrief wat oorgehou is tot 29 April.

Indien Chauke nie ’n verklaring verskaf tot bevrediging van die ondersoekbeampte nie, kan hy in hegtenis geneem word indien hy nie Maandag in die hof teenwoordig is nie.

Thandi Modise. Foto: Werner Beukes/SAPA

Mokolobate het wel met die ondersoekbeampte van die private vervolgingseenheid gekonsulteer, maar geen verklaring is verskaf wat antwoorde op die wesenlike vrae bevat nie.

Chauke was tydens die pleging van die beweerde misdaad Modise se raadgewer. Mokolobate is ’n kaptein in die SAPD en was ten tyde van die pleging van die beweerde misdaad die hoof van Modise se sekuriteit.

Chauke en Mokolobate het geweier om verklarings aan die private vervolgingseenheid te gee, maar is ingevolge artikel 205 gedagvaar om hul verklarings af te lê. Artikel 205 is veral daarop gemik om persone wat oor inligting omtrent ’n beweerde misdaad beskik, maar dit nie aan die ondersoekers wil openbaar nie, te dwing om die inligting te verskaf.

Die NDBV het in Julie 2014 ’n klagte ontvang van een van die wreedste gevalle van dieremishandeling wat die welsynsorganisasie nóg teëgekom het.

Grace de Lange, bestuurder van die NDBV se plaasdierebeskermingseenheid, het gesê Modise se plaas was besaai met karkasse van meer as 50 varke en ander dooie diere soos ganse, eende, skape en bokke. Die oorlewende diere, insluitend varke, skape, hoenders en bokke, is sonder kos en water gelaat en was in ’n desperate toestand. Die NDBV moes 162 diere weens die nypende omstandighede van kant maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sarel ·

Saak is al oud en duur lank maar so word die goed onder die mat uitgehaal. Wie gaan verduidelik hoekom sy in die 1ste plek nie vervolg was nie

riaan ·

Wat ‘n grap!

Dit is duidelik dat hulle haar probeer beskerm en hulle kom weg daarmee! As dit ek was is ek laaaankal gearresteer en …….

SA is ‘n banana republiek waar almal “equal” is, MAAR AS JY ‘N CancER GROOTKOP IS, IS JY NET MEER “EQUAL”!!!

SjN ·

So word daar geboer, plaas die kaptein die diere oppas en nie die belangrike persoon nie.

? leser ·

dieremishandeling is ook ‘n ernstig saak, raap hulle op en sluit toe, geen parool, asseblief

Hanna Hoekom ·

Maar boer wil ons boer! As n sogenaamde “meer intelligente” persoon in die gemeenskap, moes sy seker van beter geweet het? Dalk het sy net nie omgegee nie? Bewys maar net weereens dat mens nie grond kan eet nie: kundigheid is ononderhandelbaar. Sterkte vir “our people” wat grond gaan gryp. Julle is in vir n surprise!

LBS ·

Dan sit sy so high and mighty op daai stoel in die Parlement en berispe opposissiepartye wanneer hulle wil praat oor dinge wat SAAK MAAK.

jakes ·

Welgedaan Afriforum. Modise is n kader wat in n pos aangestel is sonder enige bevoegdheid. Die gebeure op haar plaas is n bewys daarvan en sal daar waarskynlik dadels van kom om haar privaat te vervolg. As n persoon geen respek het vir diere nie is jou kanse baie skraal om op enige ander vlak suksesvol te wees. Sy behoort agter tralies soos vele ander van haar maatjies in die ANC.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.