Gevaar vir beurtkrag is groot

Argieffoto

Eskom het gesê die kans dat beurtkrag Donderdag in piektye toegepas kan word, is groot.

Eskom het Woensdagaand in ʼn verklaring gesê werkers doen alles wat moontlik is om verdere beurtkrag te verhoed.

Eskom kon daarin slaag om kragonderbrekings Woensdagaand te vermy nadat die publiek vroeër die dag gewaarsku is dat fase 2-beurtkrag weens stakings by sy kragstasies oor prestasiebonusse ingestel moes word.

Volgens fase 2-beurtkrag moet 2 000 MW nasionaal op enige gegewe oomblik gespaar word om die kragstelsel te beskerm teen ʼn algehele ineenstorting.

“Beurtkrag sal slegs toegepas word as dit absoluut noodsaaklik is,” het Eskom gesê.

Gebruikers kan die beurtkragskedules op Eskom se webwerf of dié van die betrokke munisipaliteit nagaan.

Eskom maan gebruikers om elektrisiteit sover moontlik te bespaar. “Skakel asseblief geysers af deur die dag tesame met nienoodsaaklike beligting en elektrisiteitstoestelle.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ella ·

Wat n stupid opskrif!

As beurtkrag ons grootste gevaar is het ons doof en blind geword.
Ek het gister elektrisiteit gekoop: R300 en 221 eenhede(?) gekry.
Hoe gaan dit oor 3 jaar lyk?
Ek het ook n tjekboek van 1982 in n laai gekry (lanklaas daai laai oopgemaak ne).
R27 betaal vir petrol om n tenk vol te maak en R50 om n diesel Mercedes vol te maak. Ongelukkig is daar nie liters by.
My man het R100 betaal by Bhyatt’s vir 3 hemde, 3 broeke en n trui.
Wat koop ons vandag vir R100?

Snowball ·

Ek stem oor ‘stupid opskrif’, moes eerder wees : ” KORRUPSIE, SWAK BESTUUR EN ONBEVOEGDHEID IN ESKOM LEI WEEREENS TOT BEURTKRAG”

Jaco ·

@ Ella, ek wil net noem dat ek gister R500 se krag opgesit het en slegs 270 eenhede gekry het, ek betaal dus R1.85c per eenheid en jy R1.36, so jy is nog gelukkig .Betaal sekere stede se gebruikers meer aan krag as ander? Sal graag wil weet hoe dit werk.

Cherokee ·

Ella, jou tjekboek van 1982 – soek asseblief verder en vind ook ‘n salarisstrokie van 1982. Daarsonder is daar geen vergelyking te maak….. Ek het in 1974 slegs R20 betaal vir ‘n drom met R200 liter Avgas (vliegtuigbrandstof 130 oktaan). As ons daardie jare se uitgawes kon hê met vandag se inkomstes, was almal skatryk. Dinge het wel nie tred gehou met inkomstestygings maar steeds is dit die enigste manier om te vergelyk.

De Villiers ·

Eskom is een van die bes betaalde organisasies in die land, en hulle het die vermetelheid om nog te staak ook bonusse ook. Hulle is onvergenoegd en wil net meer en meer hê, want wat hulle kry is nie genoeg nie. Die groot probleem eintlik is die unies. Ek wonder wanneer gaan Eskom ontslae raak van hul oortollige 15 000 werknemers.

Ja ·

@Jaco – As jy elektrisiteit aan die begin van die maand koop, kry jy meer eenhede vir jou geld.

Jaco ·

@ Ja, jy sal sien dat ek en Ella wel genoem het dat ons beide krag GISTER gekoop het, so ons het altwee krag op die eerste Augustus 2018 gekoop maar teen verskillende tariewe.

marous ·

Gemors wat die regering en hul gabbas van die land gemaak het is nog groter …

Alida ·

Ek stem raak ontslae van die stakers wat nie tevrede is nie en stel ‘n beperkte hoeveelheid gewillige werkers aan en betaal vir hulle bonusse want dan verdien hulle dit mos.

Lerato ·

Die stakers word nie betaal vir die dae wat hulle staak nie. Die unieleiers ontvang hulle volle vet salarisse.

Iemand vra eens vir n vakbondleier. Wat maak julle met die miljoene wat julle elke maand in?

Sy antwoord was kort en kragtig.

“I owe you an answer”

jaco ·

voordat almal nou te krities raak op Eskom, hou tog in gedagte dat Solidariteit wat meestal wit lede het, ook aan die staking by Eskom deelneem. So as jy ‘n slagoffer is van beurtkrag, blameer dan asseblief ook jou eie mense wat saam staak en dus saam vir Eskom lamlê.

Ella ·

@ Jaco nou laat jy my skrik. Ek bly in die mees suksesvolle DA stadsraad in Gauteng. Maak dit sin? As jy gereeld MM lees sal jy weet. As jy in die stad (DA) bly gaan ek afchop van September af …..
Hoe kan dit wees dat dit so van stadsraad tot verskil? Maak ESKOM meer geld uit, se Pretoria, aswat hulle uit my dorp maak?
Of le dit fout by die stadsrade?
Ek dink dis tyd dat ons begin vrae vra…

@ Cherokee: ek het n betaalstrokie van einde 1984 van my man. Hy was toe in dieselfde pos op n ander plek en het R 2170 pm verdien. Baie goeie salaris vir daai dae. Ons kon twee rygoed op een slag koop maar ons het bietjie vergeet van spaar….
Ja ek besef mens moet objektief kyk en geen manier om dit regtig te vergelyk.
Al wat ek weet is dat ons nou baie meer nodig het om te leef en in my geval met baie minder geld. Net my eie skuld.

Carina ·

@Jaco, ek stem nie saam nie. Ek het al op verskillende tye van die maand krag gekoop en kry altyd dieselfde hoeveelheid eenhede. Hier in die Paarl, met ‘n 40amp breaker, betaal ek R1.78 incl Vat per eenheid. Die prepaid krag levy end Junie was R288, en dit word saam met die water rekening getel. Die prys per eenheid hang af van die grootte van die breaker op jou krag boks. Mense met ‘n kleiner 20amp breaker, se eenhede is goedkoper, 60amp betaal weer meer, ens

Carina ·

Skuus, boodskap was eintlik eerste vir @Ja wat betref die prys en hoeveelheid afhangende van die tyd van die maand.
@Jaco, soos ek genoem het verskil die prys per eenheid afhangende van die grootte van jou breaker, maar ook of jou krag direk van Eskom of jou munisipaliteit kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.