Gevaarligte flikker by Eskom

Eskom vra verbruikers om krag spaarsaam te gebruik weens groot druk op die netwerk. (Argieffoto: Mujahid Safodien/AFP)

Eskom het Dinsdagmiddag ʼn beroep op verbruikers gedoen om hul kragverbruik te verminder. Weens groot druk op die stelsel is daar in dié stadium ʼn groot moontlikheid van beurtkrag.

“ʼn Tekort aan opwekkingskapasiteit wat veroorsaak is deur opwekkingseenhede wat onklaar geraak het, asook ʼn vertraging om ander eenhede weer in diens te stel, het tot die verskaffingsdruk gelei.

“Hoewel beurtkrag nie tans verwag word nie, kan Eskom gedwing word om fase 1- of, indien nodig, fase 2-beurtkrag in werking te stel as verdere probleme ondervind word. Dit sal heel waarskynlik tussen 17:00 en 22:00 ingestel word.”

Beurtkrag is presies ʼn week gelede opgeskort nadat dit voorverlede naweek op kort kennisgewing in werking gestel is.

Eskom sê verbruikers se hulp in die moeilike omstandighede maak ʼn verskil en het opnuut gepleit vir verminderde kragverbruik.

“Die huidige vooruitsig vir die res van die week sal na verwagting verbeter terwyl Eskom-spanne onophoudelik werk om meer opwekkers terug in diens te stel.”

In dié stadium is 14 857 MW weens onbeplande herstelwerk nie beskikbaar nie, terwyl 2 200 MW weens beplande instandhoudingswerk uit die stelsel gehaal is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Samuel ·

Ja nee, vanaf die ANC oorgeneem het, werk net mooi niks in hierdie land van ons nie. Kan dinge slegter raak?

Tipper ·

Ons het vroeër jare nooit saam met Eskom gewerk nie,en alles het gewerk.

Werner ·

Wonder of ons nie nou gevalle van sabotasie gaan sien nie werkers kry mos nie n verhoging nie.

Moeggeploeg ·

Same old, same old. Daar word nie opgetree teen onwettige verbruikers nie. Klasifiseer dit nie as diefstal nie?

petro ·

ag liewe vader ek weet nie hoekom die regering nie Esdom verkoop nie dat daar mense kan kom wat weet wat hulle doen want dan word ons gedreig met dit en dan word ons weer gedreig met dat weet ek is so keelvol vir die land se gemors verkoop Esdom terwyl julle nog iets kan kry vir die gemors

Sarel ·

Hoekom moet die Publiek instaan vir Eskom se swak Bestuur…
Maar nou ja verwag nie antwoord nie

Persheks Adri ·

Eskom julle maak naar met die patesiese diens waarvoor ons betaal! Dis verdomp koud man. Nooit so gesukkel voor 94 nie regtig alles val uit mekaar uit

LANA is ELANè ·

Ons verwag niks minder of meer van die sg kragreus nie!!! “KRAGREUS” in aanhalingstekens. SKANDE, om te dink ons betaal deur ons nekke vir die oomblikke wat ons krag het, en netso duur vir die oomblikke wat ons nie het nie, kyk maar na die ekonomie. Baie dankie ANC, baie dankie.
WELL DONE, voorwaar is ons ook net nog ‘n derdewêreld land wat alewig hoed in die hand staan en bedel vir nog meer geld by die sg eerstewêreldse lande.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.