Gevaarligte flikker vir staatspensioenfondse oor SAL

finansies-geld-onder-die-vergrootglas

Foto: Stevebp/Pixabay.com

Die VF Plus het Donderdag gesê die regering mag nie toegelaat word om die staatsdiens se pensioenfondse te verswak met die verdere aankoop van sukkelende staatsentiteite se aandele om reddingsboeie na van die sinkende entiteite uit te gooi nie.

Adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus, het gesê luidens mediaberigte is die tesourie steeds van plan om R10 miljard van sy aandeel van 39% in Telkom los te maak om die “terminale” Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) van ondergang te red.

“Ons vermoed die maklikste manier om dit te doen sal wees om die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) te gebruik om die aandele te koop. Die VF Plus sal enige sodanige poging teenstaan. Die aandele van sukkelende entiteite sal nie waarde toevoeg tot die OBK nie en sal net lei tot negatiewe langtermyn-afwatering van die fondse,” het Alberts gesê.

“Dit is wat ook in 2015 gebeur het toe die regering sy belang van 14% in Vodacom aan die OBK verkoop het om Eskom te herkapitaliseer. Wat gaan die regering hierna verkoop om die SAL soos soveel kere tevore te red? Indien daar nie ingrypende veranderinge by die redery kom nie, kan daar hoegenaamd nie ingesien word hoe hy binne die afsienbare toekoms winsgewend kan raak nie en sal daar eersdaags weer gered moet word.”

Hy het gesê die SAL is tans niks anders nie as ʼn bodemlose put wat die fiskus leegsuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Afrikaanse Knaap ·

Solank die SAL in die hande van die ANC is sal hulle nie ‘n sent maak nie, want die ANC is ‘n terroristiese plunder organisasie.
Ek sien al hoe ek vir my ma op haar ou dag moet sorg. Sy was lewenslank ‘n staat amptenaar.
Haar werkgewer maak my naar.

En Transnet? ·

Waar staan die uitgeregde klas-aksie hofsaak van Transnet pensioenarisse teen Transnet?

My pa is een van daardie oud-spoorwegmanne wat verarm moes sterf agv Transnet se diefstal van die pensioenfonds.

anton ·

My vraag is? Is n staatsamptenaar 100% gewaarborg dat hy/sy pensioen gaan kry in die toekoms?
Is daar n kans dat iets kan gebeur dat hulle nie hulle pensioen kan kry of dalk minder kry as wat hulle behoort te kry? Of is hulle heel veilig.
Het iemand dalk n antwoord hierop vir my?

pieter ·

GROOT PROBLEME,DIE PENSIOENFONDS IS ANC KADERS SE GELD WAT NOU.

John ·

Ann7 stel skynbaar voor dat SAL eerder verkoop word soos dit onlangs in Indie gebeur het met daardie bankkrot-staatsinstelling. Is die SAL dalk nie doelbewys leeg gevlieg om dit in die hande van vriende van vriende te laat beland wat ‘n lughawe vir hul vliegtuie soek nie? Hierdie proses het al voorheen afgespeel en dit sal nie die laaste een wees nie. Oosterlinge beheer reeds baie van ons bates en met regeringslui wat vir ‘n meevaller saamspeel, is die skrif aan die muur. Ryk arabiere of geheime ooms in Switserland is ook nie juis mense wat ons ekonomie vir ons gaan help beredder nie. ‘n Bankkrot land is die droomland van gierige grypers.

Edward Shawe ·

Penseioentrekkers het n brief ontvang van GEPF met die versekering dat geen van hulle fondse gebruik word vir instansies soos SAL, Eskom en ander instansies om tot hulle redding te kom nie. Die fondse word in genereerende bellegigs geplaas. Huidig is die GEPF in so n mate sterk dat penseioene jaarliks n beter verhoging aan penseioentrekkers kan bied.

Deloris ·

Wonder hoekom het die Guptas nie al die SAL gekoop nie ……?

Rina Pretorius ·

Los die oumense se geld uit want as dit weg is kan dit nie weer herwin word nie, daar is geen kans dat ‘n oumens oor kan begin nie, as SAL nie na hulle self kan kyk nie laat daai vliegtuie dan verkoop word en daar nie meer n SAL sal wees nie. Daar is ander lugrederye wat die vliegtuie kan koop en suksesvol bedryf.

quo vadis ·

Ek stem Rina. Dalk moet die staatsamptenare hierteen betoog.

Elize ·

Hierdie mense het bygedrae tot die GEPF sodat hulle kon voorsiening maak vir aftrede, nou dobbel die ANC met daardie gelde en op die einde van die dag gaan dit met die pensioene dieselfde wees as waarmee die TRANSNET werkers sit. Armoede/Ellende en die fat cats daarbo lewe lekker en voel absoluut niks.

Die ANC is die meeste instansies in die land se ondergang, om nie eens van die land as sulks te praat nie.

#ZUMAMUSTFALL#ANCMUSTFALL.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.