‘Gevaarlike’ griep vanjaar verwag

Argieffoto

Argieffoto

Ná ʼn aanvanklike vertraging in die voorsiening van vanjaar se griepinspuitings word Suid-Afrikaners nou aangemoedig om vir dié winter se stamme van die griepvirus, wat blyk kwaadaardig te wees, ingeënt te word.

Volgens Netcare is dit hierdie winter vir Suid-Afrikaners belangriker om ingeënt te word teen griep aangesien ʼn kouer as normale winter verwag word. Die gesondheidsorgmaatskappy het gesê byna 30 kinders het in Amerika gesterf nadat die Noordelike Halfrond een van sy ergste griepuitbrake in die afgelope jare ondervind het.

Netcare het gesê die griepentstof wat aan hulle beskikbaar gestel is, het nie voldoende beskerming teen twee nuwe stamme van die griepvirus gebied nie. ʼn Nuwe entstof wat nou in die land beskikbaar is, is vervaardig om by die veranderinge in twee van die drie stamme aan te pas.

“Die griepentstof is gewoonlik beskikbaar in Suid-Afrika in die begin van Maart, maar die aflewering is vanjaar uitgestel omdat die entstof aangepas moes word om beter ooreen te stem met die stamme van griep wat tans die ronde doen,” het dr. Annamarie Richter, mediese direkteur by Netcare se primêresorg-afdeling, gesê.

Sy het verduidelik griepentstowwe word elke jaar aangepas om te voldoen aan die aanbevelings van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO). “Volgens die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer (CDC) was die entstowwe wat beskikbaar was vir die Noordelike Halfrond se griepseisoen vir 2014/2015 ongelukkig slegs 23% doeltreffend.”

Richter raai Suid-Afrikaners aan om so gou moontlik ingeënt te word. Sy het gesê dit neem ongeveer twee weke ná inenting vir beskermende teenliggaampies om te ontwikkel.

Health24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Colette ·

Jong wees net versigtig met die griep inspuiting.

My mammie is dood daarvan nadat sy due inspuiting vroeer due dag gekry het.

Raadpleeg eers jou dokter

jacques ·

Ek glo ook niks aan die inspuiting en in entery nie hulle breek net jou imien stelsel af sodat jou ligaam nie meer self teen siekte kan beklei nie, en jy dan vir die res van jou lewe inspuitings moet kry.Medesyne is die grootste geldmaak storie in die wereld en hoe meer mense hulle op sulke goed kan kry hoe meer geld maak hulle.

Piet dan Tiek ·

So paar typos opgelet:

intentery
liggaam
imuunstelsel
baklei
Medisyne
geldmaakstorie

Lewis ·

Ek en my vrou was die naweek op George,ons het in geboek om te oor nag by ñ sekere oord,
die selfde aand het ons griep gekry wat baie erg is,nog nooit het ons so kwaai griep gekry nie,en is nog steeds siek,0

Jana ·

Ek is baie skrikkerig vir die inspuitings…. Beide ek en my man het dit een jaar gekry, en ons het letterlik by die dood omgedraai. Ons was vir amper langer as 2 weke siek en het totaal en al goor gevoel. Ek sal nie sommer weer so inspuiting kry nie.

Leandre ·

Jul het albei tien teen een klaar die griepvirus in jul sisteme gehad maar nog nie simptome gewys nie. Dan maak dit die inspuiting baie gevaarlik om te kry. Maar ek dink ook dis n voef storie om mens net geld te kos.

jacques ·

Hoe weet hulle dan nou elkgeval van die vreeslike griep wat op pad is het hulle dit in die lug vrygelaat dat hulle so weet daarvan.(vra maar net)

moeggepraat ·

Ek is 100% met jou jacques, jy vat die woorde uit my mond. Medisie behoor eintlik almal in die politiek met al hulle nonsens!

Peet Schabort ·

Jacques, dit het te doene met die draaiing (omwenteling) van die aarde. REGTIG! Gaan vra jou dokter.

Zell ·

Die griep virus word versprei deur die lug en omdat die noordelike halfrond hul winter gehad het, is dit die gevolgtreking gemaak met die noordelike halfrond se statistieke. Dit is net ‘n waarskuwing vir die wat chroniese siektes het en ook die wat ouer is en kinders wat aan houdend siek word. Ek werk vir ‘n dr en ons het al mense laat opneem met die griep. Dit is nou een van daai virusse wat woer woer speel. Jy kry meds vir jou eerste diagnose en 2-3 dae na jy jou meds klaar gemaak het, kom hy terug met volle spoed. My raad is om soveel moontlik vit c in te neem op ‘n daaglikse basis en om voorsorg te tref. Sterkte aan almal

nig ·

Leef gesond, eet genoeg vars vrugte en groente en bly fiks. Verder kan jy maar net hoop jy kry nie ‘n virus nie. Geen inenting sal HELP teen ‘n virus nie, dit MAG dalk net die simptome minder fel maak. Daar is geen “cure” vir virusse nie. As jy siek voel/word bly liefs tuis en so dag of twee in die bed help gewoonlik om die ergste kieme hok te slaan en dan versprei jy dit ook nie na almal by die werk nie.

pop ·

Vitamine en veral groot hoeveelheid C sal help. Ek het ook nare ondervinding van inspuiting teen griep. Ek kry nooit griep, maar daai jaar was ek pal siek. Ek vermy ook om aan enigiets te raak in die publiek, dis vol kieme!!! Veral die roltrappe en trollies!!! Neem maar wetwipes saam. My kinders ook mooi geleer kleintyd, en hulle is almal super kiem bewus.

endika ·

Vaccines is a money making hoax! Educate before you vaccinate. Gaan kyk gerus na die groep Vaccine Awereness South-Africa (VASA) vir posts oor vaccines.

jonn ·

Dis alles n geldmaak storie…..kyk maar hoeveel kinders is dood in amerika van die in-enting……

Willem Koos ·

Mmm ja jong jy moet bietjie vir ons sê wie is jou bronne. Ek Google kinders wat dood is in Amerika van griep inentings en kry niks nie.
Ek kry wel kinders wat dood is van griep (sonder inentings)
Ek sê nie jy is verkeerd nie, ek wil net weet waar het jy dit gelees.

shere ·

Werklik worry oor griep?? Nee ek dink daar is ander goed om oor te worry! Hoeveel gaan dood gaan aan griep en hoeveel gaan vermoor word, kom ons kyk na daai getalle dan worry ons wee

yols ·

ek glo om echinaforce te drink, dis herbal en kan reg deur die jaar gedrink word, bou jou imuun stelsel op

Ig ·

Ek laat al my personeel vir die laaste 4 jaar gaan vir die griepinspuiting en sover werk dit vir almal ,myself inkluis.Geen afwesigheid van personeel in die winter nie,wat n winskoop.

Deirdre ·

So Maroela Media, hoe weet ‘n mens dat die inspuiting wat jy by jou dokter/kliniek gaan kry, wel die “regte” een is?

Leandre ·

Net een probleem. Griep word nie veroorsaak deur koue nie. Longontsteking doen.

eliza ·

Ek het nou seker 3 weke terug vir die griepinspuiting gegaan was 100% gesond nou sukkel ek al vir 2 weke met griep so ek sal nie weer vir die inspuiting gaan nie maak mens eerder siek as wat hy jou help!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.