Gevaarlike misdadiger ontsnap uit aanhouding

Die verdagte Freddy Gwala Isiah Masenya. Foto: Verskaf

Die verdagte Freddy Gwala Isiah Masenya. Foto: Verskaf

ʼn Vermeende gevaarlike misdadiger het Maandagaand uit aanhouding by die Botlokwa-polisiestasie noord van Polokwane in Limpopo ontsnap.

“Freddy Gwala Isiah Masenya is ʼn verhoorafwagtende verdagte wat teregstaan op aanklagte van huisroof, moord en verkragting,” het kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, Dinsdag gesê.

“Hy word ook verbind met vorige misdrywe soos roof en diefstal. Hy word as gewapen en gevaarlik beskou en die gemeenskap word aangeraai om hom nie te konfronteer nie, maar om eerder hul naaste polisiestasie in kennis te stel.”

Mense wat die verdagte gewaar, word versoek om kol. Maloma by 082 565 8524 te bel.

Die ontsnapping word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Twee artikels oor ontsnappings kort na mekaar. Hoe gebeur dit? Kan ons sogenaamde polisie nie ‘n slag aandag gee aan hulle werk en sulke dinge voorkom nie?

Hansie ·

Die meeste polisie is uitstekkend maar daar is ook drek onder hulle!!

Theresa ·

Hierdie mense by die Polisiestasies moet begin wakker word……………………….

SNEL ·

Een of twee gevaarlike misdadigers wat ontsnap, of die honderde skurke wat tussen ons loop en beweeg; wat is nou die ergste.

Michiel ·

Hoe ontsnap so gevaarlike misdadiger so maklik? En hy is gewapen? Wat hy waar kry? seker weer hulp gekry by sy polisietjommies

Blondie ·

Lyk my dis Nasionale Ontsnappingsdag vir krimenele. Ai jitte tog, die klomp misdadigers is seker ook geregtig op hul eie vakansie dag… nie dat in die tronk n vreeslike straf is as jy “anderskleurig” is nie . Dis meer soos n vakansie oord met ontsnappingsgeriewe.

CHRISTA ·

Ons moet kamma die naaste polisiestasie in kennis stel. Dit lyk my dis beter as ons dit SELF doen!! Laat hulle net probeer ontsnap, dan doen ons wat die Wes-Kaapse polisie gedoen het!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.