ʼn Vermeende gevaarlike misdadiger het Maandagaand uit aanhouding by die Botlokwa-polisiestasie noord van Polokwane in Limpopo ontsnap.
“Freddy Gwala Isiah Masenya is ʼn verhoorafwagtende verdagte wat teregstaan op aanklagte van huisroof, moord en verkragting,” het kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, Dinsdag gesê.
“Hy word ook verbind met vorige misdrywe soos roof en diefstal. Hy word as gewapen en gevaarlik beskou en die gemeenskap word aangeraai om hom nie te konfronteer nie, maar om eerder hul naaste polisiestasie in kennis te stel.”
Mense wat die verdagte gewaar, word versoek om kol. Maloma by 082 565 8524 te bel.
Die ontsnapping word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Twee artikels oor ontsnappings kort na mekaar. Hoe gebeur dit? Kan ons sogenaamde polisie nie ‘n slag aandag gee aan hulle werk en sulke dinge voorkom nie?
Hul almal is maar gevaarlik.Satans
Hierdie mense by die Polisiestasies moet begin wakker word……………………….
Een of twee gevaarlike misdadigers wat ontsnap, of die honderde skurke wat tussen ons loop en beweeg; wat is nou die ergste.
Hoe ontsnap so gevaarlike misdadiger so maklik? En hy is gewapen? Wat hy waar kry? seker weer hulp gekry by sy polisietjommies