Gevaarlike misdadiger ontsnap uit Palm Ridge-hof

Lungisani Innocent Mdlolo Foto: Crime Line, Twitter

Lungisani Innocent Mdlolo Foto: Crime Line, Twitter

ʼn Gevaarlike misdadiger het Dinsdag uit die Palm Ridge-landdroshof in Johannesburg ontsnap.

“Lungisani Innocent Mdlolo sou gevonnis word nadat hy skuldig bevind is aan moord, drie verkragtings, vyf gewapende rooftogte, 10 huisbrake en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Die omstandighede rondom sy ontsnapping word ondersoek.”

Enigiemand wat Mdlolo gehelp het om te ontsnap sal ook krimineel aangekla word.

“Lede van die publiek word gewaarsku om hom nie te konfronteer nie, aangesien hy as baie gevaarlik beskou word en moontlik gewapen kan wees,” het Dlamini bygevoeg.

Indien enigiemand Mdlolo gewaar kan hulle Crime Line kontak deur ‘n SMS aan 32211 te stuur of skakel 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Babs ·

Hulle noem nie of die skurk in voet- en hand boeie was. Indien nie, is dit mos ‘n manier om hom te help ontsnap. Hy moet permanent weg gesluit word en sommer die ook wat gehelp het.

scalla ·

Inside information, het nie voetboeie aangehad volgens nuus op radio

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.