Gevaarlike misdadiger ontsnap uit Pta-tronk

Henry Edema Timaya Onoh. Foto: SAPD

Henry Edema Timaya Onoh. Foto: SAPD

ʼn Gevaarlike misdadiger wat aan ernstige en gewelddadige misdade skuldig bevind is, is vyf dae ná sy ontsnapping steeds op vrye voet.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het Woensdag gesê enigiemand wat inligting verskaf wat tot die inhegtenisneming van Henry Edema Timaya Onoh, ook bekend as “Spiderman”, kan lei, sal moontlik beloon word.

Volgens Dlamini het Onoh, ʼn Nigeriese burger, Saterdag in die vroeë oggendure uit die Kgosi Mampuru-gevangenis ontsnap. Hy sou Maandag in die Pretoria-landdroshof gevonnis word op aanklagte van onder meer huisbraak, verkragting, huisroof en diefstal.

“Die omstandighede van die gevangene se ontsnapping word nog deur die departement van korrektiewe dienste ondersoek. Die polisie doen ʼn beroep op mense met moontlike inligting om Crime Stop by 0860 010 111 te skakel. Intussen moet die gevangene as gewapen en gevaarlik beskou word,” het hy gesê.

Volgens Dlamini word daar vermoed dat Onoh moontlik na ander provinsies gevlug het aangesien hy verbind word met ernstige misdade in Mpumalanga en KwaZulu-Natal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Uiltjie ·

Hy’t seker gehoor die doodskis manne gaan nie borg kry vir Kersseisoen – toe vat hy maar sy eie borg!

Ontsnap se voet ·

Nou hoe ontsnap jy uit ‘n tronk? Is hy nie veronderstel om onder wagte dop gehou te word nie?
Iemand het seker die hek vir hom oop gemaak

tom ·

Al die ontwettige imegrante moet in elk geval nie hier wees hulle het hulle land

Uvonka ·

Ontsnap se voet! Een of meer bewaarders het seker ‘n lekker vet kersbonus gekry. Die tronke is net so’n groot grap soos die een wat 700+ aanklagte teen hom het wat daar hoort.

Alida ·

Uvonka jy maak ‘n fout hoor. Daar is nie plek vir nog een met 700+ aanklagtes nie. Hy sal ook seker ontsnap en dan nog ‘n medalje ook kry.

LS ·

Ek dink Maroela maak ‘n fout. Dit is nie “ontsnap”nie….dis seker “uit gestap”

Gerbrandt ·

Glo nou vir my, ek het by daai tronk gewerk jare terug en daar is nie n manier dat hy sonder hulp daar kon “ontsnap” nie. Ek het gesukkel om daar uit te kom vir middag-ete:-)

Jean ·

Nigerier . wat soek hy nog in SA? Was hy ooit wettig hier? Tyd dat al die kriminele uit ander lande teruggestuur word na lande van herkoms dat hulle daar gaan moeilikheid maak . ons wil nie vir hom in die tronk betaal nie .DEPORT hom dat hy daar in die tronk gaan sit as julle hom weer vang. As ek egter Nigerier hoor, dink ek ‘geld het hande gewissel ..

M ·

Jean, jy verstaan nie mooi nie. Wat beteken grensposte…vir regte bedraggie…wie het n paspoort nodig. Hoeveel word deporteer en net volgende dag weer terug. Deporteer werk nie…die goed sluip terug. Wat met skurke soos “spiderman” en ander soos hy moet gebeur in SA is doodstraf. Boonop SA het sy eie lewensbedreigende krimminele…waarheen moet hulle gestuur word. Doodstraf wat toegepas word op kerkplein as voorbeeld en waarskuwing wat krimminele se voorland sal wees. Ons tronke loop oor want daar is minimum toegewyde SAPD lede wat hul werk eerlik opreg en sonder korrupsie doen…wetstoepassing en publiekebeskerming op die hart dra.

M ·

Wat beteken grensposte…vir regte bedraggie…wie het n paspoort nodig. Hoeveel word deporteer en net volgende dag weer terug. Deporteer werk nie…die goed sluip terug. Wat met skurke soos “spiderman” en ander soos hy moet gebeur in SA is doodstraf. Boonop SA het sy eie lewensbedreigende krimminele…waarheen moet hulle gestuur word. Doodstraf wat toegepas word op kerkplein as voorbeeld en waarskuwing wat krimminele se voorland sal wees. Ons tronke loop oor want daar is minimum toegewyde SAPD lede wat hul werk eerlik opreg en sonder korrupsie doen…wetstoepassing en publiekebeskerming op die hart dra.

AL ·

Nou sal hy nog gewelddadige rowe pleeg om geld te bekom. Dit maak my siek dat staatsinstellings se amptenare so korrup is deur n gevaarlike man te laat ontsnap.

Tong innie kies ·

Soos dit nou aangaan in die land moet ek hom seker soengroet en hom uitnooi vir tee as ek hom sien,anders sit ek ook in die tronk?

Johann ·

Whahahhahhaaaaaaahahah! Kyk mooi. Foto: SAPD!!!!!!! So dis ons voorland vir “mugshots”? Lyk vir.my soos n selfie??????? En die SAPD kon nie die uitstaande kenmerke verbloem met fotoshop nie…ek bedoel die velkleur ens. Whahahahahahah!

Johann ·

Onderskrif van foto: Look ma…no jailbars!!!!! POUT POUT…onregverdig dat al men nie gelyk geskape is as dit by pouting kom nie!

Phillip van Staden ·

Verskoon my woord maar wil net sê: ‘n poep ontsnap, ‘n gevangene of aangehoudende ontvlug.

MarieM ·

Nee man julle verstaan verkeerd, sy bynaam is “Spiderman” hy het vir hulle gewys hoe vinnig hy die mure kan uitklim (nes spiderman kan) en toe ontsnap/ontvlug. Nee kyk dit gebeur te gereeld na ‘n mens se s’n by Kgosi Mampuru, wonder wat gaan uit die storie kom.

Marie ·

Hulle word gehelp deur bewaarders. Hulle kan nie sommer self wegkom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.