
‘n Foto van die verdagte wat ontsnap het.
Die polisie is op soek na ʼn gevaarlike misdadiger wat Sondagaand uit aanhouding by die Brooklyn-polisiestasie in die ooste van Pretoria ontsnap het.
Lt.kol. Khensane Magoai, ʼn Gautengse polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê drie verdagtes, tussen 25 en 30 jaar oud, was weens besigheidsroof in aanhouding by die stasie. “Die drie verdagtes het omstreeks 20:00 twee polisiebeamptes, wat by die aanhoudingselle aan diens was, oorrompel en die beamptes se sleutels gevat,” het Magoai gesê.
Sy sê die verdagtes het probeer ontsnap, maar twee is kort daarna weer in hegtenis geneem. “Een verdagte het egter gevlug, en die polisie is steeds op soek na hom.”
Magoai het gesê die man word as gevaarlik beskou en die publiek moet nie die verdagte self konfronteer nie. Sy versoek dat die publiek dadelik die polisie moet kontak indien hulle iemand verdags gewaar.
Die polisie is besig om die ontsnapping te ondersoek.
Maroela Media het verneem dat ʼn polisiebeampte tydens die voorval geskiet en gewond is, maar Magoai het gesê niemand is beseer nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Polisie het seker weer gesit/gelê en slaap ipv hulle diens te doen deur wakker te bly en hulle werk te doen. Te dikwels sien ons fotos hoe hulle sit en slaap as hulle aan diens is.
Polisie het seker weer gesit/gelê en slaap ipv hulle diens te doen deur wakker te bly en hulle werk te doen. Te dikwels sien ons fotos hoe hulle sit en slaap as hulle aan diens is.
Die versigtigheid en paraatheid ontbreek heeltemal. Almal is mos maar pêlle.
Polisie was seker te besig om 10cm x 4 cm gate te soek en vergeet om die deur toe te maak.
Plaas ‘n foto sodat mens kan sien hoe lyk die booswig! O ja….. soos die bewaarders se, ‘n poep ontsnap….’n krimineel ontvlug.