‘Gevaarlike misdadiger’ vas ná maande op vrye voet

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Gevaarlike reeksmisdadiger wat vir meer as ses maande deur die polisie gesoek is, is Woensdag in Mangaung Fase 4 buite Bloemfontein vasgetrek.

Konst. Wendy Nkabi, woordvoerder van die polisie, het gesê die 38-jarige man is in die vroeë oggendure in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk ontvang het van waar hy homself bevind.

“Die verdagte word met ʼn string voorvalle van geweldsmisdaad in Bloemfontein verbind, onder meer ʼn huisbraak waartydens ʼn bejaarde vrou erg aangerand is en haar selfoon, geld, juweliersware en rekenaar gesteel is,” het Nkabi gesê. “Die ondersoekspan het reeds die verdagte met 14 ander voorvalle van huisbraak, huisroof en die besit van gesteelde goedere verbind.”

Genl.maj. Moeketsi Sempe, bevelvoerder van die Parkweg-polisiestasie, het die lid van die publiek geloof wat na vore gekom het met die inligting wat tot die verdagte se inhegtenisneming gelei het.

Die verdagte sal Vrydag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op verskeie aanklagte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Frederik ·

Gee daai ipiempi R 500. Dit sal ander aanspoor om ook misdadigers se lêplekke aan die polisie uit te wys.

KarooKlong ·

Gaan waarskynlik borg kry en dan is daardie “ipiempi” in die moeilikheid.

E ·

Ja “impiempi” jy kon nog vandag ń werk gehad het, en geld en kos wat die arme ou tannie vir jou aandra het!
Nou is daar nog 1 vredeliewende mens deur jou genadelose hande weggeneem, en nou is daar nog 1 werk minder, nog 1 mens wat elke maand hul taxes, w&l, en en moet betaal, weg! en jul kla oor unemployement en en en……..

Oosie ·

Hi E,
Ek dink jy het die vorige kommentaar verkeerd verstaan. Die “impiempi” was die fluitjieblaser nie die skurk nie.
Ons het meer fluitjieblasers nodig, maar hoe kan ons hulle beskerm is die groot vraag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.