Gevaarlike misdadigers ontsnap uit aanhouding

Argieffoto

Die polisie in Mpumalanga is op die spoor van vier verdagtes wat Maandag in die vroeë oggendure uit aanhouding ontsnap het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die mans het uit die aanhoudingselle van die polisiestasie in Pienaar, noordoos van Nelspruit, ontsnap.

Volgens Hlathi is Sifiso Mathonsi (28), Senzo Nyambi (31), Bongani Bogra Mpila (37) en Vusi Ceko (31) almal deel van ’n groep wat verbind word aan soveel as 32 ernstige misdaadsake in Mpumalanga, waaronder huisroof en een saak van moord.

Dié misdade is onderskeidelik in Tonga, Matsulu, Pienaar, Kabokweni en gebiede rondom Barberton gepleeg.

Dit is nie in die stadium duidelik hoe die verdagtes daarin kon slaag om uit aanhouding te ontsnap nie.

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het intussen opdrag gegee dat daar opgetree word teen die polisiebeampte wat aan diens was ten tyde van die ontsnapping.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pieter J ·

Misdaad het so alledaags in SA geword dat ń mens wonder of daar ernstig na hulle gesoek sal word. Vanoggend vroeg is twee bruin vrouens in Scottsviile, Kraaifontein in die skiereiland deur bendelede doodgeskiet. Die een was ń lewensmaat van ń bendelid wat drie dae vantevore doodgeskiet is en dus te veel geweet het. Die ander een wat haar vergesel het is toe geskiet omdat sy toe ń ooggetuie geword het. Ek is seker hierdie tipe geweld het so alledaags geword dat dit nie eers die nuus gaan haal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.