‘Gevaarlike misdadigers’ ontsnap uit tronk

Theodorus Botha wat uit die Goedemoed-gevangenis ontsnap het. Foto: SAPD

Theodorus Botha wat uit die Goedemoed-gevangenis ontsnap het. Foto: SAPD

Twee misdadigers is steeds soek nadat hulle Dinsdag uit die Goedemoed-gevangenis in Aliwal-Noord ontsnap het.

Ao. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die polisie, het gesê Theodorus Botha (56) en Johannes Pheko (40) het omstreeks 12:00 uit die tronk ontsnap. Hulle is steeds op vrye voet. “Die twee gevangenes het glo ʼn bewaarder oorval, sy vuurwapen gesteel en in sy wit Opel Corsa-bakkie gevlug,” het hy gesê. Die bakkie se registrasienommer is FMB 954 FS.

Johannes Pheko wat uit die Goedemoed-gevangenis ontsnap het. Foto: SAPD

Johannes Pheko wat uit die Goedemoed-gevangenis ontsnap het. Foto: SAPD

“Die twee [mans] was besig om vonnisse vir verskeie misdade uit te dien, insluitend moord, verkragting, aanranding, roof en onsedelike aanranding.” Volgens Mohobeleli word daar vermoed dat Botha en Pheko tans in Botshabelo, net buite Bloemfontein, is.

“Die verdagtes is gevaarlik en moet nie [deur die publiek] genader word nie,” het hy gesê. “Indien iemand hulle sien of weet waar hierdie twee verdagtes hulself bevind, kan ao. Michael Faba by 082 375 6253 of die naaste polisiestasie geskakel word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Dee ·

Verhoor, skuldig bevind en gevonnis en toe hulle uit ‘n tronk ontsnap word hulle ‘verdagtes’ genoem. Kyk, almal wat logies kan dink verstaan waarom julle verhoorafwagtendes en verdenktes as verdagtes beskryf maar wanneer julle misdadigers soos hulle wat reeds skuldig bevind is aan genoemde misdade, beskryf as ‘gevaarlike misdadigers’ in aanhalingstekens en hulle verdagtes noem, moet julle maar weer gaan sit en dink oor hoe om dit reg te doen.

vermeende ·

Dee, ek voel die selfde. Gelukkig het Maroela hulle nie die keer “VERMEENDE” genoem nie.
Ek wil ook graag weet by die skrywer van die artikel hoekom verdagtes?
Waarvan word hulle verdink……….. oo ja, ontsnapping.
Hel kan dit regtig so moeilik wees, is hulle nog in die tronk of nie????????????????????

Sune van Heerden ·

Dagsê Vermeende

Dankie vir jou navraag. Die persone is inderdaad “verdagtes” omdat, wanneer hulle in hegtenis geneem word, hulle tereg sal staan op aanklag van ontsnapping uit wettige aanhouding. ‘n Hof moet die mans aan hierdie aanklag skuldig bevind, Maroela Media kan dit nie doen nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Dee

Dankie vir jou navraag. Die persone is inderdaad “verdagtes” omdat, wanneer hulle in hegtenis geneem word, hulle tereg sal staan op aanklag van ontsnapping uit wettige aanhouding. ‘n Hof moet die mans aan hierdie aanklag skuldig bevind, Maroela Media kan dit nie doen nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Dee ·

Dankie dat jy verduidelik waarom hulle so genoem word, Suné. Ons huldig bloot die mening dat hulle as kriminele beskryf kan word (wat klaarblyklik ontsnap het of so iets) omdat dit hul status is.

Groetnis van die kant af ook
Dee

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Theodorus jy was seker die hoof brienkrag met die ontsnapping

Peet Schabort ·

OFM berig dat Botha in 2001 sy dogter (8jr oud) en ‘n huiswerker doodgemaak het. Daarvoor het hy twee lewenslange vonnisse gekry.

Peet Schabort ·

Volgens die argiewe van News 24 was sy dogter 12 jr en het hy haar ook verkrag en toe doodgemaak.

Paul ·

Die berig is baie swak opgestel. In die eerste plek, gas ontsnap, maar iemand ontvlug uit wettige bewaring. Tweedens is n verdagte iemand wat na bewering n misdaad gepleeg het. In hierdie geval is hulle nie verdagtes nie, maar vooryvlugtende misdadigers. Derdens het hulle nie uit die gevangenis ontvlug nie, maar slegs uit WETTIGE BEWARING. Neem kennis joernalis! Hulle was by n werkspan.

Sune van Heerden ·

Dagsê Paul

Dankie vir jou navraag. Die HAT bevestig die betekenis van “ontsnap”: “vlug/wegkom uit gevangenskap/gevaar”.

Die persone is inderdaad “verdagtes” omdat, wanneer hulle in hegtenis geneem word, hulle tereg sal staan op aanklag van ontsnapping uit wettige aanhouding. ‘n Hof moet die mans aan hierdie aanklag skuldig bevind, Maroela Media kan dit nie doen nie.

Dit is dalk so dat die persone deel was van ‘n werkspan, maar as dit nie deur amptelike bronne aan ons bevestig word nie, is dit nie inligting wat ons kan publiseer nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Zena ·

Nou wil ek net se..,hulle was dan in aanhouding. die gevangenis was veronderstel om hul werk te doen, maar nee hulle het nie. nou verwag hul van die publiek om hulle te help. dink tog net weer. liewe aarde! julle het hulle gehad, nou moet ons julle help soek! weet jy, my bloeddruk styg sommer so vroeg. agge nee, doen tog vir n slag jul werk en minder ons belasting betalers vra om jul met ander goed ook te help. ons help al genoeg.

Eish! ·

Op ‘n werkspan?????????? Moord en verkragting? Wow, ek dog net ligte misdadigers word in werkspanne toegelaat. In my tronkdae het geen misdadiger wat aan mense geweld skuldig bevind was op ‘n werkspan uitgegaan nie. Glo my, iewers is ‘n samewerking van ‘n dienslid.

Paul ·

Eish, jy maak n baie gevaarlike stelling! Sal jy dit kan staaf as die lid jou siviel dagvaar?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.