
John Fine (links bo), Clifford Matonhori (regs bo), Figos Madisha (links onder),Dennis Hove (regs onder) (Foto: Verskaf)
Die polisie in Limpopo het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur nadat vier rowers Woensdag uit ʼn polisievoertuig in Polokwane ontsnap het.
John Fine (39), Dennis Hove (39), Figos Madisha (40) en Clifford Matonhori (31) het omstreeks 11:30 langs die R101-pad in Polokwane uit die voertuig ontsnap. Al die beskuldiges behalwe Madisha, ʼn Suid-Afrikaner, is Zimbabwiërs.
Die mans is reeds skuldig bevind op aanklag van roof met verswarende omstandighede, vir dade wat hulle gedurende April 2019 in die Mokopane-gebied gepleeg het.
Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê sewe gevangenes is na die korrektiewe sentrum in Polokwane vervoer toe die vier ontsnap het. Die gevangenes sou môre (Vrydag) gevonnis word.
“Die rowers kon daarin slaag om die dienspistool van ʼn polisielid tydens die ontsnapping te gryp en het toe in nabygeleë bosse verdwyn. Die ander drie gevangenes het in die voertuig agtergebly,” sê Mojapelo.
ʼn Ondersoek is intussen gelas om te bepaal hoe die verdagtes ontsnap het.
“Die verdagtes word as gevaarlik beskou en enigiemand wat hulle sien moet die ondersoekbeampte, kapt. Dikgale Tshikudho, of die naaste polisiestasie kontak.”
Enigiemand met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, kan Tshikudo by 082 565 8566 bel of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Kyk hoe ontsnap hulle uit die polisie se hande rerig hulle het seker nou weer ge Jiga jiga
lyk my dit is baie maklik deesdae om die polisie te ontwapen, nogal skrikwekkend.
Die SAPD het groot probleme in ALLE opsigte!!Dringende aandag nodig aan die terminaal siek pasiënt!!
INSIDE JOB !!
Dit lyk eerder na ‘n beplande ontsnapping.