Gevaarlike seekoei in Baberton doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Seekoeibul is in Baberton naby Nelspruit, Mpumalanga van kant gemaak omdat hy glo ʼn gevaar vir die gemeenskap ingehou het.

Jacques Modipane, uitvoerende hoof van die Mpumalanga-toerisme-en-parkagentskap, sê die bul is Vrydag van kant gemaak.

Modipane sê die bul is vermoedelik deur ander bulle uit die Noordkoprivier naby Kaapmuiden langs die N4 verjaag. Hy het ʼn nuwe tuiste in ʼn dam in die omgewing gevind.

“Ons het geen ander keuse gehad as om die dier van kant te maak nie. Ons kon hom nie verdoof om hom te skuif nie, want anders sou die seekoei verdrink het,” het Modipane gesê. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.