Gevaarlike verdagte ontsnap met polisieuniform

Tshilidzi Nelson Masindi Foto: SAPD, Limpopo

Tshilidzi Nelson Masindi Foto: SAPD, Limpopo

Die polisie in Limpopo is steeds op soek na Tshilidzi Nelson Masindi wat Dinsdag uit aanhoudingselle in Thohoyandou ontsnap het.

“Masindi (36) staan tereg op aanklagte van verkragting, diefstal, aanranding en moord en nou ook ontsnapping uit wettige aanhouding,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie in Limpopo, in ‘n verklaring gesê.

Hy het glo ontsnap nadat hy ʼn polisieuniform uit ʼn staalkabinet gesteel het. “Hofordonnans stoor hulle uniforms in dié kabinet. Interne prosesse is reeds van stapel gestuur teen die beampte wie se uniform Masindi gesteel het,” het Mulaudzi bygevoeg.

Enigiemand met inligting word versoek om ao Ntshavheni Ratshiedane by 082 401 9736 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Die vraag is hoe het die boef toegang tot die kabinet gekry en hoe stap hy tussen die polisie weg sonder dat hy raakgesien word , Neewat ek ruik n rot.

Trippie ·

Mens kry die gevoel, hy is GEHELP. Dit sal ook nie die eerste keer wees wat dit gebeur nie.

scalla ·

soort soek soort, onopgelei net soos die krimineel, maar waar skelm inkom, dan is hul slim.

Marietjie ·

As hy in aanhouding was moes hy in ‘n sel toegesluit gewees het – en indien hy buite die sel was, moes hy nie geboei (handboeie en voetboeie) gewees het en nie vrylik kon rondbeweeg nie. Wonder maar net…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.