Gevaarlike verdagte ontsnap uit aanhouding

Norman Silvester Mokoena (Foto: Verskaf)

Die Valke is op die spoor van die 23-jarige verdagte, Norman Silvester Mokoena, beter bekend as “Dallas”, wat verlede jaar uit die Calcutta-landdroshof in Mkhuhlu, Mpumalanga, se aanhoudingselle ontsnap het. Hy staan tereg op verskeie aanklagte van gewapende roof.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê Mokoena het op 5 November verlede jaar uit die selle ontsnap net nadat hy borgtog geweier is.

Mokoena is ʼn maand voor sy ontsnapping in hegtenis geneem nadat hy ʼn afleweringsvragmotor van ʼn bakkery in Marite, Mpumalanga, besteel het. Hy is met ʼn onbekende bedrag geld vort.

Norman Silvester Mokoena (Foto: Verskaf)

Hy is ná die rooftog deur die polisie opgespoor en in hegtenis geneem. Hy was in die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Enigiemand met inligting oor waar Mokoena homself moontlik kan bevind, kan sers. Danny Sanderson by 082 462 1817 of die misdaadnommer by 08 600 10111 kontak. Inligting sal ten alle tye vertroulik hanteer word.

“Ons waarsku die publiek om hom nie te konfronteer nie omdat hy as gevaarlik beskou word,” sê Sekgotodi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Elsie ·

Hy het nie sy bribe gebetaal nie dis hoekom hulle hom nou soek.

Maryna ·

Gevaarlike verdagte is al 8 maande lank op vrye voet en nou eers word daar na hom gesoek? Kom hulle nou eers agter hy is weg of kom hul nou eers agter hy is gevaarlik??? Nee regtig!

Hercules ·

so ‘n snuiter en hy ontsnap!!! hy weet dat geld werk!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.