Die gevangene wat verlede week tydens instandhoudingswerk uit die korrektiewe sentrum in Nigel in Gauteng ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.
Johannes Petrus Cordier (57) is Maandag by die Hartbeespoortdam in Noordwes aangekeer nadat lede van die publiek sy bewegings by die polisie aangemeld het.
Volgens sers. Harry Manaka, woordvoerder van die polisie, sal Cordier vanaand in polisie-aanhouding by die Hartbeespoortdam bly waarna hy Dinsdag na die korrektiewe sentrum waar hy tydens “terreindiens” ontsnap het, geneem sal word.
Cordier het verlede Woensdag instandhoudingswerk by dié korrektiewe sentrum gedoen en was besig om te verf toe hy ontsnap het. Volgens Manaka is dit nie in dié stadium duidelik hoe Cordier daarin kon slaag om ongesiens te ontsnap nie.
Maroela Media het vroeër berig Cordier dien sedert Junie verlede jaar ʼn vonnis van drie jaar tronkstraf uit op aanklagte van seksuele aanranding.
Manaka het gesê dat Cordier met behulp van sosiale media aangekeer is nadat die polisie sy besonderhede kort ná die ontsnapping op verskeie platforms bekend gemaak het.
Manaka kon nie in dié stadium sê watter gevolge Cordier se ontsnapping vir hom sal inhou nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Dankie tog hys weer toegesluit, ons het hom nie nodig
Goeie werk deur die polisie wat hom gearesteervhet. Hy het seker kangs die dam gekampeer.Ai die man se vakansie is gou kort geknip. Hoop hy kon darem n Mac burger chips en n biertjir geniet , want gou gaan hy dit nie weer sien nie
Die gevolge is dat hy nou sy volle 3 jaar sal uitdien en geen parool kry nie – plaas hy maar geduldig was.
Dit was ‘n dom besluit van hierdie ou om te ontsnap. As hy hom goed gedra het sou hy waarskynlik binne enkele maande op parool vrygelaat kon word. Nou gaan hy nog lank in die tjoekie sit.
Sluit hom vir EWIG toe…
En dis ook nog ni lank genoeg nie