Gevangene buite hof doodgeskiet

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

ʼn Gevangene is Maandagmiddag buite die hooggeregshof in Mthatha in die Oos-Kaap doodgeskiet toe hy probeer ontsnap het.

Lt.kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, het gesê die 32-jarige gevangene het saam met ses ander verhoorafwagtende gevangenes op ʼn aanklag van moord in die hof verskyn. Die saak is na vandag uitgestel.

“Terwyl die gevangenes omstreeks 15:45 terug na die polisievangwa begelei is om na die Wellington-gevangenis vervoer te word, het een van die gevangenes ʼn polisiebeampte aangeval en verskeie kere met ʼn mes in die bolyf gesteek,” het Fatyela gesê.

“Die gevangene het daarna met dieselfde mes op ʼn tweede polisiebeampte afgestorm. Die polisiebeampte het verskeie waarskuwingskote in die lug geskiet, maar dit was tevergeefs. Daar is uiteindelik ʼn skoot op die aanvaller afgevuur en hy is doodgeskiet.”

Fatyela het gesê die eerste polisiebeampte is met veelvuldige steekwonde na ʼn hospitaal gehaas. Hy is tans in ʼn stabiele toestand.

Die voorval word deur die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

tamboti ·

Een van ‘n miljoen uit die pad, daar gaan seker 5 nuwes meeding vir sy plek!
Daar behoort elke jaar 1honderd duisend diesulkes samelewing verwyder word, na tien jaar sal moord, verkragting en roof dan baie minder wees.

Gavin ·

Waarskuwing skote? Vir wat? Polisie moet hul bepaal by hul werk. Beter opleiding (en/of kwalifikasie) en dan moet hulle net hulle werk doen, beveiligging, van die gemeenskap en hulself. Los die waarskuwing skote vir die cartoons.

Karel ·

En waar kry ‘n verhoor afwagtende gevangene ‘n mes in die hand? Vra maar net.

tamboti ·

Die WAARSKUWINGS skote sou baie meer effektief wees as elkeen een van die ander MOORD verdagtes getref het!

Asmain ·

Well done! Genoeg is genoeg. Kort meer sulke polisiemanne!

MM ·

Bie goeie diens – dankie SAPD – kort nog sulke Polisie manne.

jaco ·

die verhoor is in Mthatha in die Oos-Kaap, maar hulle word vervoer na die Wellington gevangenis. Is dit die naam van n gevangenis in Mthatha, of is dit ‘n gevangenis in Wellington in die Wes-Kaap, meer as 1100km vanaf Mthatha.

Boet Fasie ·

Baie goeie nuus, hoekom moet ons hulle vet voer in die tronk op belasting geld.

Leahim ·

Het net n probleem met die waarskuwingskote in n beboude gebied dit was nie deurdink gewees swak opleiding.

koos ·

Korrek. Daai koeels kom terug aarde toe met sterk momentum. Gevaarlik.

Michelle ·

Boet Fasie ek stem, en hy wou ontsnap. Wens daar is nog sulke goeie polisie manne. Jammer vir die polisie man wat gesteek is, vertrou hy sal gou herstel. Die krimineel sal nie weer een aanval nie. Hy is baie verdere verdriet gespaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.