Gevangene dood ná ontsnapping met speelgoedgeweer

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 42-jarige gevangene wat lewenslange tronkstraf uitgedien het, is Sondag doodgeskiet nadat hy uit aanhouding by die Losperfontein-gevangenis buite Brits in Noordwes ontsnap het.

Kapt. Paul Ramaloko, polisiewoordvoerder, het gesê die man het tronkstraf uitgedien vir moord, twee rooftogte en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Al dié misdrywe is in Gauteng gepleeg.

“Die man het Sondag om 07:00 twee tronkbewaarders met ʼn speelgoedgeweer gedreig en aangehou,” het Ramaloko gesê. “Hy het hulle hande vasgebind en die selle se sleutels gevat. Hy het een van die bewaarders se uniform uitgetrek en dit aangetrek voordat hy die hoofdeur oopgesluit en uitgestap het.”

Die gevangene het kort daarna ʼn voertuig van ʼn veiligheidsmaatskappy, wat patrolliewerk in die gebied gedoen het, gekaap. Die voorval is aangemeld en ’n wilde jaagtog het op die N4-snelweg op pad na GaRankuwa, wes van Pretoria, gevolg.

“Hy is deur die veiligheidswagte wat hom agtervolg het, geskiet toe hy die speelgoedgeweer op hulle gerig het. Paramedici het hom op die toneel dood verklaar.”

Die Brits-polisie ondersoek ʼn kapingsaak en ontsnapping uit wettige aanhouding. Die Akasia-polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dave ·

Speelgoedgeweer? Wat eg lyk?! Ek twyfel! Was nie dalk ‘n speelgoedpistool of rewolwer nie?

kitsie ·

En die TWEE bewaarders word oorval deur ‘n gevangene met ‘n speelgoed “wapen” Hul moes sekerlik iewers in hul loopbane opleiding ontvang het en die verskil tussen “speelgoed wapens” en die ware Jakop te ken …

Michiel ·

Ek het basies dieselfde, net in ander woorde, as canned phantom geskryf ne en tog verwyder Maroela dit. Nou wonder mens…

Winston ·

n Saak van moord word ondersoek? Verstaan nie mooi nie. Wat het van manslag geword. In hierdie geval straffelose manslag en net n geregtelike ondersoek. As jy n wapen rig, speelgoed of eg, vat jou straf as jy geskiet word.

CHRISTA ·

Moordenaars en ander misdadigers in ons land het mos meer menseregte en reg om te lewe as hulle slagoffers en ons wetsgehoorsame landsburgers!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.