Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn gevangene vandeesweek in die Medium B-afdeling van die Leeuwkop-gevangenis in Johannesburg met ʼn skerp voorwerp doodgesteek is.
Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het gesê die gevangene is glo deur ʼn ander gevangene vermoor.
“Die oorledene het ernstige steekwonde aan sy nek opgedoen en is op die toneel dood,” het Nxumalo gesê.
Hy het die voorval namens die departement veroordeel. “Sulke optrede deur oortreders is onaanvaarbaar en die departement sal nie moed opgee in sy pogings om ʼn hoë standaard van veiligheid en sekuriteit te handhaaf nie.”
Buiten die polisie se ondersoek het die departement ook ʼn interne ondersoek van stapel gestuur om vas te stel of die voorval bendeverwant is of nie.
“Ons sal optree teen dié wat betrokke is en voortgaan om die situasie te monitor om seker te maak dat bedrywighede na normaal terugkeer,” het Nxumalo gesê.
So die skuldige kry net nog ‘n paar jaar by?Wat gaan dit help?Sou hy die doodstaf kry kon dit dien as afskrik middel vir ander maar nou is dit net ‘n verlenging van sy tyd in “Vyfster”.
hyt maar net gekry wat hy aan ander doen.
Wel, hopelik sal dit die ander loslopers afskrik
geen skade nie
Wat van die mense wat nie in die tronk is nie se veiligheid die ou was daar omdat hy ñ krimeneel is maar sy veiligheid is belangriker ??????????????????