Gevangene ontglip polisie by hospitaal

Lee Richard Barratt (Foto: Verskaf)

Die polisie in KwaZulu-Natal is op die spoor van ’n gevangene wat die naweek in Durban uit aanhouding ontsnap het.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê Lee Richard Barratt (40) was onder polisiebewaking in ʼn hospitaal in Durban toe hy op die vlug geslaan het.

Volgens Mbele het Barratt Saterdag tydens ’n konsultasie met mediese personeel die polisie ontglip en uit die hospitaal verdwyn.

Daar word in dié stadium vermoed dat hy in die noorde van Durban, moontlik in Greenwood Park, Umbilo of Mandeni skuil.

Barratt is lank en skraal, lui die verklaring.

Enigiemand met inligting oor waar Barratt hom bevind word gevra om lt.kol. Serfontein by 079 500 0363 of 082 554 7319 te bel. Inligting kan ook by die polisie se Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

marco polo ·

As hy onder polisiebewaking was, beteken dit dat hy ‘n verhoorafwagtende was en dus nie ‘n gevonnisde gevangene nie. Gevonnisde gevangenes word deur bewaarders bewaak wanneer hulle na ‘n hospitaal moet gaan. Ek stem saam met Joubert, hierdie is gladnie nuuswaardig nie, menigtes ontsnap uit aanhouding en geen haan kraai daaroor nie.

Regtig ·

Ek weet die groot mense weet, maar terwille van die ander. Die polisie vra hulp met die opsporing van die man en dus is sy foto gesirkuleer. Regtig?

koos1 ·

As die polisie dan op sy spoor is, hoekom vra hulle dan die publiek se hulp????

Eddy ·

Natuurlik is dit nuuswaardig! As dit gaan oor veiligheid.Hier is n krimineel wat agter tralies hoort,nou skielik op vrye voet tussen gehoorsame burgers.Dit gaan nie oor ras nie

Harry ·

Volgens ons wet is hy onskuldig tot tyd en wyl hy aangekla en skuldig bevind is en mag dus nie ‘n krimineel genoem word nie – ek gaan jou nou aankla vir laster en dan noem ek jou ook ‘n krimineel – is dit reg so?

eenvoudig ·

Ag Joubert. Hy is ‘n gevangene en hoort dus nie op straat nie. Moenie altyd ras inbring nie. Dit word in ‘n koerant gepubliseer wat witmense lees om sodoende hom makliker te kry, nes ‘n swart ontsnapte in swart koerante gepubliseer word.

Philip, ·

Ek het amper gedink vandag se datum is die 1e April? Daar word gereeld ontsnap maar as dit ‘n wit persoon is moet die hele wêreld weet. What a joke

Gert van Wierdapark ·

Hy was seker siek om te wag vir sy hofsaak, toe vat hy maar die pad toe niemand kyk nie!!! He-he-he!

Eddy ·

DB,jammer man maar op RSG(Dis die een????) Johan Rademan het nou net dié berig op hul 13h00 nuus uitgesaai so ek neem aan op goeie gesag dan dat RSG se nuusredaksie dit as nuuswaardig ag.Punt

jakes ·

Bewaarders vergesel verhoorafwagtende gevangenis ook by hospitale. Wat dit makliker maak vir n verhoorafwagtende prisonier om te ontvlug, is omdat hulle nog nie oranje pakke dra nie, maar wel siviele klere. Baie keer sal n verhoorafwagtene die bewaarders omkoop en dan met hul hulp ontsnap.

Sarie ·

Die berig lui dat hy uit polisiebewaking ontsnap het. Gelukkig is die polisie op sy spoor – hy is moontlik op een van drie plekke – so warm is hulle op sy spoor? Smaak my dis eerder ‘n geraai waar hy kan wees?

Koos de Meyer. ·

Sy gesig sê sommer vir jou wat se tipe mens is hy. Lyk vir my maar swak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.