Gevangene ontsnap by vulstasie

Argieffoto

Die Limpopo-polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn gevangene wat buite Polokwane (Pietersburg) uit aanhouding ontsnap het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die man, Afra Rihotso (27), het Dinsdag omstreeks 20:00 ontsnap.

“Die gevangene is by die Thohoyandou-gevangenis opgelaai deur die Northam-polisie om hom hof toe te neem vir oortredings wat hy daar gepleeg het. Die polisiebeamptes het by ʼn vulstasie op die N1-snelweg buite Polokwane stilgehou om kos te gaan koop. Die gevangene het toe ʼn vuurwapen bekom wat hy op die polisiebeamptes gerig het, voor hy op vlug geslaan het.”

Ngoepe het gesê die omstandighede rakende sy ontsnapping en hoe hy die vuurwapen verkry het, word nader ondersoek. Hy het die vuurwapen vermoedelik in die gevangenis bekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Theresa ·

Nou wat het geword van jy vat jou eie kos werk toe?
Ek wou al baie vra, hoe is dit dat amptelike voertuie so gemaklik gebruik word vir persoonlike goedjies. Ry gou Spar toe, stop gou vir dit of dat. Word daar voorsiening gemaak vir persoonlike kilometers of is daardie logboeke sommer ook net vir skyn?
Ek hoop elke voertuig het ‘n trackerstelsel in.
Dié beamptes sal moet dag en nag werk om die skelm weer te vang – dit is direk hul skuld dat hy ontsnap het!

Lientjie ·

Hoekom nie indien dit op jou roete vir die dag is of jou wyk MAG jy stop om vir jou kos te koop.
Hier was die polisiebeamptes gruwelik nalatig gewees!

Eish ·

Amen, blatante veronagsaming van protokol asook samespanning lei tot die situasies.

Pierre ·

Eerstens sal ek graag wil weet wat het geword van basiese beginsels van deursoeking, dis mos logies dat jy seker maak dat so gevangene nie in besit is van enige wapens nie. Was hy behoorlik geboei gewees.
Die probleem is nie om te stop om kos te koop nie, nie probleem is basiese beginsels van beveiliging.

Michael ·

Klink vir my hy het die polisie man se wapen afgeneem en ook dat hy n buitelande burger kan wees maar ek is nie seker nie wens Philip will meer detail gee

Genieve ·

Julle wil nie weet hoe gaan dit hier op die platteland nie.Dis nie nuus vie my nie.Ek sien dit elkedag en hulle is so gerus.Wat het geword van etensure?

Akram ·

Genugtig. Ek wil ook net se dat indien lede skofte werk daar nie vasgestelde etensure is nie. Die werk kan nie stilstaan vir n persoon om eers te eet nie. Mens eet maar so in die ry en deur die skof. Die verdagte moes behoorlik deursoek word voor hy gelaai was. hoe het het hy die deur oopgekry? dalk was dit nie n bakkie nie maar n sedan kar waarmee hy na die hof geneem was. Hoeveel lede was daar? indien een gaan kos koop het, moes een by die voertuig gebly het. Ek dink dis n S/O om nie n verdagte on bewaak in n voertuig te los nie. My mening. Maar dalk was daar ander omstandighede wat by gedra het.

Tiger ·

Dis ‘n beplande ontsnapping.Kla die betrokke polisiemanne aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.