ʼn Soektog is Woensdag deur die departement van korrektiewe dienste en die polisie van stapel gestuur nadat ʼn gevangene uit die korrektiewe sentrum by Nigel in Gauteng ontsnap het.
Johannes Petrus Cordier het gister instandhoudingswerk by dié korrektiewe sentrum gedoen en was besig om te verf toe hy ontsnap het.
Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het gesê Cordier dien sedert Junie verlede jaar ʼn vonnis van drie jaar tronkstraf uit op aanklagte van seksuele aanranding.
Nxumalo het gesê ʼn ondersoek is van stapel gestuur en die presiese omstandighede van Cordier se ontsnapping sal later bekend gemaak word sodra die ondersoek afgehandel is.
Die departement het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om te help met enige inligting wat tot die herinhegtenisneming van Cordier kan lei, het Nxumalo gesê.
Ek glo die trio taakmag ,multidissiplinêre eenheid,taakmag en perlemoen eenheid is klaar op die spoor van die ontsnapte ,maar soos ek hulle ken sal niks daarvan kom nie vra eerder hulp by Mike Bolhuis of vra die hulp van Nampol.
As nampol die namibiesenpolisie is, gaan hulle bevind hy hy het weggeraak, glad nie ontsnap nie. Ners hulle n skoon afgesnyde menskop verklaar deur n trein afgetrap te wees. Die treinwiel is seker nert so 3mm dik.
Darm vinnig om naam en foto te publiseer ………. wat van die ander moordenaars, verkragters en vroueslaners???
Mooi so! hoop hy word gou gearresteer en kry ‘n lekker stewige, lang vonnis! Seksuele aanranders het nie MY simpatie nie!
Hy was seker maar net lus vir n Mac burger, want nou dat Bossasa kos opgehou het is tronk kos nie meer so lekker nie.
Hy lyk nogal hartseer….
Lyk soos blanke dubbelganger van Cyril
Iewers is daar vasgehaak op drie jaar vir misdade in hierdie kategorie.
Boonop lyk dit nou nie juis of dit graad in kernfisika verg om sommer spore te maak nie.
Kry dikwels die idee die sleutels word in sommige gevalle iewers vergeet.
Pateties.
Dis n man met n plan! Hy het seker vir die bewaarder gese die tronk kort verf aan die straat/buitekant en toe sy kans waar-geneem en laat spat. Niks is onmoontlik in SA nie
Gogga maak vir baba bang!
Jaikes!!!….ek wil nie die knaap in ‘n donker steeg raakloop nie!
En daar is n foto ….WOW iemand doen hulle werk reg ….as ander ontsnap is daar geen foto ….HOEKOM ? ! ?
In sy aard om nie te dink voor hy handel nie. Net 3 jaar tronkstraf waarvan een bykans verstreke is en hy ontsnap sowaar, Die gevolge is nog n groter deel van sy lewe word verkwis.