Gevangene ontsnap uit aanhouding in Ladysmith

Nkosingiphile Cyprian Mbatha

Nkosingiphile Cyprian Mbatha

Die KwaZulu-Natalse polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na ʼn verdagte, wat teregstaan op aanklag van sakeroof, Dinsdag uit aanhouding by die Ladysmith-gevangenis ontsnap het.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die verdagte, Nkosingiphile Cyprian Mbatha (23), het omstreeks 13:00 by die gevangenis se ingangsplek ontsnap.

“Hy is deur die polisie na die gevangenis geneem vir aanhouding in die toesig van beamptes van korrektiewe dienste toe die voorval plaasgevind het,” het Zwane gesê. “Hy kon daarin slaag om die beamptes te ontwyk en het binne ’n oogwink van sekondes ontsnap.”

Zwane het gesê die verdagte het ʼn rooi T-hemp en ʼn blou oorpak aangehad toe hy ontsnap het.

Die publiek word versoek om nie die verdagte te konfronteer as hulle hom opmerk nie, maar eerder Crime Stop by 0860 010 111, of kapt. BR Mntambo by 036 638 3325 of 082 578 9348 te bel.

Die ontsnapping word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

humor ·

Daar is sekerlik baie rede om selfs trots te wees op dit wat die polisie vermag, maar ag ook baie om oor teleurgesteld te wees. Vir die talle ontsnappings is daar regtig nie geldige verskonings nie.

Bleek Sannie ·

In hierdie korrupte land sal dit my nie verbaas as sommige gevangenes gehelp word om te ontsnap nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.