Gevangene ontsnap uit polisievangwa

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn 22-jarige verhoorafwagtende gevangene van Zimbabwe het Woensdag in Limpopo uit aanhouding ontsnap.

Konst. Maphure Manamela, polisiewoordvoerder, het gesê die man het omstreeks 13:30 in Lebowakgomo buite Polokwane ontsnap nadat hy hofverrigtinge bygewoon het.

“Hofordonnanse het die oggend om 08:30 gevangenes by die polisiestasie uitgeteken om na die Lebowakgomo-landdroshof te gaan. Ná die hofverrigtinge is die gevangenes in ʼn polisievangwa terug na die polisiestasie vergesel,” het Manamela gesê.

“Polisiebeamptes het die voertuig oopgemaak om die gevangenes terug te neem na hul aanhoudingselle, toe die gevangene daarin kon slaag om te ontsnap. Hy het in nabygeleë bosse ingehardloop en is steeds soek.”

Die verdagtes is as Brian Madoda geïdentifiseer. Hy is aanvanklik ingevolge die Wet op Onwettige Immigrasie in hegtenis geneem.

Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, word versoek om lt.kol. Mohlala by 082 565 8234, of Stop Misdaad by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Geregtigheid ·

Ag dit verbaas my nie…dis Suid-Afrika. Dis net snaaks hoe hy kon “ontsnap” toe hy uit die wa klim. Wil julle vir my sê GEEN polisie man/vrou kon agter hom aan hardloop en hom vang nie??? Is ons polisie so lui om nie eers agter hom aan te hardloop nie, nou is dit net makliker om media toe te gaan. Waar gaan hulle hom weer kry?? Hy is ou weg, want hy blend in by die res en sy tjommies sal hom help wegsteek…

marous ·

Selfs ‘n blinde sonder bene sal vir hulle kan weghardloop.

Nog een ·

Hehehe regtig, ontsnap? Ek noem dit laat gaan. Soos die ander kommentator se, wat is nuut, dit is nou ‘n daaglikse gebeurtenis. Help nie eers meer die mense word in hegtenis geneem nie, as die HOF hulle nie laat gaan nie laat hulle pelle hulle gaan.

voorlaaier ·

Sover ek weet moet alle gevange wat die hof besoek in voet booie wees…….

nico ·

Julle verstaan nie. Hy het sy boeie oopgesluit met ‘n spesiale sleutel wat baie soos ‘n R200 noot lyk………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.