Gevangene sit nog langer na DNS-bewyse

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Gevangene, wat tronkstraf uitdien vir seksuele aanranding, is tot verdere tronkstraf gevonnis nadat DNS-toetse hom positief verbind het aan die verkragting van twee vroue en ʼn 10-jarige seun.

Mzwakhe Sithole (29) dien tronkstraf in die Qalakabusha-gevangenis in Empangeni, KwaZulu-Natal, uit. Volgens Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), is Sithole intussen skuldig bevind op drie aanklagte van verkragting, twee van roof en een van huisroof.

Ramkisson-Kara het gesê Sithole is deur DNS-toetse verbind met drie sake in Verulam. Sithole en ʼn medepligtige het in Maart 2012 ʼn paartjie oorval, terwyl hulle op pad was huis toe. Die man kon daarin slaag om te ontsnap, terwyl die vrou deur Sithole en makker die veld ingesleep en verkrag is.

In Junie 2012 het Sithole ʼn 10-jarige seun op pad skool toe voorgekeer en op geld aangedring. Die seun het egter nie geld by hom gehad nie en Sithole het hom verkrag.

In nog ʼn voorval was ʼn 19-jarige vrou aan die slaap in haar huis toe Sithole deur ʼn venster toegang gekry het en haar van haar selfoon beroof en verkrag het.

Sithole is tot twee keer lewenslange tronkstraf en ʼn bykomende 15 jaar gevonnis vir die verkragtings, 15 jaar vir elk van die aanklagte van roof en vyf jaar tronkstraf vir huisroof. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Veritas ·

So’n wese, mens is hy nie, sal nooit verander nie. Die feit dat hy nie onderskeid tref tussen die geslag of ouderdom van sy slagoffers nie, beteken dat hy geen beheer het oor sy seksdrange nie. Sal kastrasie nie die enigste oplossing vir sy probleem wees nie of maak dit ook inbraak op sy ‘human rights’?

Marianne ·

Vonisse wat gelyklopend uitgedien word het nog nooit v my sin gemaak nie. Met ander woorde hy word net een keer gestraf vir n klomp misdade

HFC ·

Ek verstaan ook nie die doel daarvan en kan nie onthou wanneer laas ek gesien het dat vonnisse nie so opgelê is.

Pieta ·

Kastrasie klink vir my billik. Dis nou omdat doodstraf nie meer ‘n opsie is nie… maar dit beteken deesdae ons ontneem hom van sy regte. Dis baie meer onmenslik as wat is wanneer hy mense van hul menslikheid ontneem en hulle verkrag ens! Ek wens net die straf vir moord kan ook meer dikwels lewenslank wees, maar dit lyk my sekere howe wil die samelewing help beskerm teen potensiële oorbevolking – dan laat hulle moordenaars uit op borg, of vroeë parool, of sommer net na ‘n lekker kort vonnissie. Skirt jou meisie dood, moet haar net nie verkrag nie, of hoe?

Edward ·

Hoekom moet vonnisse gelyktydig loop? So, 1 moord of meer en die vonnis is in elke geval dieselfde. Wat het kriminele om te verloor?

hans brits ·

Ek weet nie hoe sit een ou 15 jaar in die tronk vir verkragting en n ander ou wat iemand @overkill@ vir ses jaar nie.

Joe ·

Oscar en hierdie gemors is dieselfde? Rerig? Ek is bly om te sien hoe goed ons populasie die strafwet ken.

Karma ·

@hans brits, ek stem saam. OP kry danksy sy regsspan, oom se geld en vele appèl-aantekenings 6 jaar. Dié man, wat nie moord gepleeg het nie, kry 15. Daar is ‘n SA regstelsel vir die ryk man en ‘n ander vir die gewone man. En dit gaan nie oor hoe vergelykbaar die twee individue is nie. Miskien is die verskil ook egter dat OP ‘n eerste-keer oortreder is (hoewel hy wragtag ge-“overkill” het, soos jy noem) en dat Sithole ‘n herhaaldelike oortreder is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.