Tronkbewaarder met skeerlemmetjie aangeval

Argieffoto

ʼn Gevangene wat ʼn tronkbewaarder se gesig en nek met ʼn skeerlemmetjie gesny het omdat die bewaarder hom glo nie kom roep het vir ʼn familiebesoek nie, is Dinsdag in die Parow-streekhof skuldig bevind aan poging tot moord.

Eon Wallenstein is deur landdros Constance Nziweni skuldig bevind.

Die voorval het in Februarie 2016 in die Goodwood-gevangenis plaasgevind. Die bewaarder het ʼn 30 cm lange wond aan sy gesig en nek opgedoen tydens die aanval.

Die hof het gehoor die bewaarder is “gelukkig om nog te lewe” aangesien die lem ʼn slagaar net-net gemis het. Die bewaarder moes ook ʼn operasie ondergaan en steke kry.

Die hof het gelas die feit dat Wallenstein na die sel toe geloop het om die lemmetjie te gaan haal bevestiging is van sy bedoeling om te moor met dié gevaarlike wapen.

Dit het in die hof aan die lig gekom dat die bewaarder verkeerdelik beskuldig is dat hy nie die gevangene gaan roep het vir familiebesoek nie. Hy hét glo gegaan maar kon nie die gevangene kry nie. Wallenstein het toe na sy sel gegaan en ʼn lemmetjie gaan haal en die niksvermoedende bewaarder van agter af aangeval.

Barry van der Berg, die staatsaanklaer, het foto’s van die wond aan die hof voorgehou.
Wallenstein het die bedoeling om moord te pleeg ontken, maar toegegee dat die aanval die bewaarder baie ernstig kon beseer en moontlik tot sy dood kon lei.

Hy sal in aanhouding bly tot en met vonnisoplegging Donderdag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

m ·

Ja kyk dit gaan omtrent lekker in hierdie tronke was soos vakansie plase is deesdae. Hierdie mense het omtrent vryheid. Word hulle nie beperk met sulke goed soos lemmetjies en messe en wat ook al nie. Die skepsel is alreeds in die tronk so wat pla dit hom om nog n vonnis by te kry. Hy leef te lekker daar . Dis lagwekkend.

Lientjie ·

Hy sal in aanhouding bly tot en met vonnisoplegging Donderdag!!!!!!!!!!!!!!! Hy is reeds ‘n gevangene of kom hulle ook in aanmerking vir borg??

Ja nee ·

Ja nee ek stem met jou en m saam, gans te lekker in die tronk, kom ons lem sommer hierdie eerlike werker! Geen morele waardes, die doodstraf sou absoluut gepas gewees het.

Leahim ·

Lienkie.Ek stem saam is dit net n gewoonte fout van die joernalis of kon hy dalk nou borg gekry het.?

Anoniem ·

Dit sal nie aan die misdadiger vat nie is alreeds in gevangenis wys my net het geen gevoel of gewete nie kry mos kos en slaapplek daar en studies ok nog

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.