Gevangene steek glo bewaarders om ‘status’ te bewys

Argieffoto

Twee bewaarders is in die hospitaal opgeneem nadat hulle deur ʼn gevangene met ʼn mes gesteek is omdat hy glo aan ander gevangenes wou bewys het dat hy deel van die berugte 28-bende is.

Die voorval het Sondagoggend by die Goodwood-gevangenis in Kaapstad gebeur.

Simphiwe Xako, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het aan Maroela Media gesê die voorval het tussen 06:00 en 07:00 plaasgevind toe die bewaarders die selle oopgesluit het sodat die gevangenes kan gaan ontbyt eet.

Volgens Xako het die betrokke gevangene aan ander gevangenes gesê hy is ʼn grootkop in die 28-bende. Toe hulle hom nie glo nie, het hy die bewaarders met ʼn mes aangeval om sy “bende-status” te bewys.

Xako het gesê die bewaarders is ernstig beseer en is in ʼn hospitaal opgeneem. Hulle is egter reeds weer ontslaan.

Die betrokke gevangene is in ʼn enkelsel toegesluit en die saak is by die polisie aangemeld en word ondersoek.

Ná die voorval is ʼn groot operasie uitgevoer om die selle in die gevangenis vir wapens en ander verbode items te deursoek. Volgens Xako is vier selfgemaakte messe, ʼn selfoon en ʼn selfoonlaaier gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

KG ·

Dalk moet hulle meer gereeld sulke groot operasies uitvoer om soortgelyke gevalle te voorkom.

Ella ·

Dis omdat hulle ledig is. Laat hulle werk in die tuin of groentetuin of op die land dat hulle moeg is saans en nie tyd het om bendes te vorm en onskuldige mense aan te val om “status” te bewys. Tronke is deesdae vakansieoorde vir misdadigers.

CAROL ·

Ja dis baie waar. Hul het n yskas, tv, kettel en nou ook n rekenaar. “What more does 1 need”??

John Samuel ·

Jy vergeet van die “ontklëe danseresse” wat ook deur die DKD gerëel word om die tronke te besoek, net vir so n bietjie ‘moraal’ ….

Ronelle ·

Die bewaarders is “ernstig beseer”, maar binne 24 uur is hulle “reeds ontslaan”. Kon dit dan werklik as ernstige beserings beskryf word?

Casper Labuschagne ·

Die ironie is dat die bewaarders die nommer bendes moet toelaat omdat die owerhede geen manier het om beheer te hou oor ‘n gevangenis as dit nie is vir die dissipline wat die bendes self toepas nie. Binne in die gevangenis is letterlik alles wat in die buitewêreld beskikbaar is, ook beskikbaar aan die generaals van die bendes en daar is slegs een manier wat dit in die gevangenis kan inkom en dit is met die hulp van diegene wat die sleutels dra. Dikwels weet die bewaarders wat kontak met die bendes het dat daar ‘n aanval op bewaarders gaan wees en gevolglik word junior bewaarders of ander spesifieke bewaarders gestuur om take te verrig wat op ‘n spesifieke tyd ‘n gevaar sal inhou.

Ella ·

Casper as dit waar is is dit n skande en dan is daar is groot skroef los by gevangenisse. Ipv van rehabilitasie kom hulle groter misdadigers daar uit.

Casper Labuschagne ·

@Ella in alle opsigte is die gevangenis bloot die “universiteit” van misdaad. Ek sou sê dat vir ‘n misdadiger om werklik effektief te kan wees moet hy (90% van die gevangenisbevolking is mans) eers ‘n paar keer in die tronk land en in die bendes opgang maak. Korrupsie is ‘n werklikheid en die sisteem is so diep ingekoop in korrupsie dat dit feitlik onmoontlik is om te verander deur oppervlakkige maatreëls. Dit is nie net in Suid Afrika die geval nie, maar is wêreldwyd so. Die minderheid gevangenes word gerehabiliteer en van diegene kan slegs ‘n baie klein minderheid weereens in die siviele wêreld oorleef sonder om terug te keer na misdaad toe. Misdaad is die enigste bedryf in die land wat buitensporige groei toon.

Lourence ·

Gaan mos al te lekker in SA se tronke. Gevangenisse het hopeloos te veel regte. Sluit toe vir 23h n dag, bou so dat hulle nie eens daglig sien nie.

Dawie ·

Maak hulle met voetboeie vas en laat hulle langs die paaie skoffel.

marous ·

Hoe is dit moontlik dat bendes die land en sy mense gysellaar hou op alle vakke van die samelewing?

Ez ·

Ja nee, misdadigers het n lekker lewe in die tronk, kyk na christof en kie ook, selfone, en drank, rekenaars, swot en en en. Als op ons pay.

Sulke Tye ·

Sulke tye maak niks mos sin, hul is nie rehabiliteerbaar nie, dan moet hul mos dieselfde behandeling kry wat hul uitdeel, dit gaan my verstand te bowe, hul word beskerm voor en tydens tronk en hulle is geharde misdadigers met geen respek vir ‘n ander of iets anders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.