Gevangene steek tronkbewaarder ses keer met voorwerp

Argieffoto Foto: veooz.com

’n Gevangene is dood en ’n tronkbewaarder gewond ná ’n voorval by die St Albans- korrektiewe sentrum in Port Elizabeth. Dit is die soveelste aanval op ’n tronkbewaarder by dié tronk.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, sê ’n gevangene het Vrydag ’n tronkbewaarder getakel en minstens ses keer met ’n skerp voorwerp gesteek.

Volgens Nxumalo moes die gevangene fisiek onder bedwang gebring word, waarna albei na ’n hospitaal geneem is vir mediese behandeling. Die tronkbewaarder is tans in ’n stabiele toestand. Die gevangene het sedertdien aan sy beserings beswyk.

Dit is nie in die stadium duidelik hoe die gevangene gedurende die aanval beseer is nie.

’n Ondersoek is van stapel gestuur en belanghebbendes, waaronder die polisie en die Menseregtekommissie, is van die voorval in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Porseleintjie

SA- land van haat.

Helene

Gaan nou seker Kommissie van Ondersoek aanstel. Grapland!!

Oujongvrou

Dis wat die manne in die parlement soek. Haat, en nogmaals haat. Weerskante toe.

antieke antie

menseregte word onder soek van die gevangene….neem die kriminele se menseregte weg…. want hulle is daar omdat hulle nie ander se menseregte in ag geneem het nie!!

Scholtz

Die gevangene het gehoop sy daad sou hom bevordering in die bende-rangorde terweegbring, maar instede is hy na die hiernamaals “bevorder”.