Gevangene vermoor glo polisielid, ontsnap uit selle

Nyadzani Muvhuso (Foto verskaf deur SAPD Limpopo)

ʼn Soektog is van stapel gestuur vir ʼn gevaarlike gevangene wat Vrydagmiddag ʼn 57-jarige adjudant-offisier vermoor en toe uit die polisieselle ontsnap het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 16:30 in Mutale buite Thohoyandou in die Vhembe-distrik plaasgevind.

“Die beampte het gereeld die selle besoek en is deur die verdagte aangeval wat hom verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek het. Die verdagte het die sleutels by die oorledene afgeneem en toe geld uit die kluis gesteel voor hy ontsnap het,” het Mojapelo verduidelik.

Die verdagte het vroeër op verskeie ander aanklagte tronkstraf uitgedien. Hy is Vrydagoggend in hegtenis geneem op aanklag van verkragting, ontvoering en die oortreding van ʼn beskermingsbevel.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het gesê ʼn 72-uur aktiveringsplan moet dadelik ingestel word om die man aan te keer.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, roof en ontsnapping uit aanhouding.

Die polisie doen ʼn beroep op Nyadzani Muvhuso (in die foto hiernaas) om by die Mutale-polisiestasie of enige ander polisiestasie aan te meld, omdat hy hulle vermoedelik in hul ondersoek kan bystaan.

Enigiemand met inligting word versoek om kol. Chris Mabasa te kontak by 082 469 0739.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Tanniepetoors ·

Is die bygaande foto dié van die ontsnapte of iemand anders? Moet ons tussen die lyne lees en aanneem dit is die man wat gesoek word vir hierdie gruweldade?
Wanneer kan ons n referendum hou om die doodstraf terug te bring? Is dit nie die enigste oplossing vir Suid-Afrika se verkragtings en moord en doodslag nie?

Deon ·

Ongelukkig is, die doodstraf nie n oplossing met wat op die oomblik in die gereg aangaan nie, blankes sal gedood word op strepe oor nonsens

My siening ·

Waar de duiwel is die plek dis nie op land kaart nie. Kan julle nie net sê dis naby so n dorp want alles is verander en daar is geen manier dat jy als kan onthou nie.
Baie dankie.

Tanniepetoors ·

Danie, dis iewers tussen nêrens en êrens. Dis gelukkig nie naby nie, jy kan ook nie van hier af daar kom nie my vriend.

Nico ·

Danie. Thohoyandou is naby Louis Trichardt wat nou Makhado genoem word.

Susan ·

Ja, het ook nogal gewonder waar op aarde is die plek, so dis nie regtig moontlik om op uit die uitkyk te wees vir die ontsnapte, met daardie onuitspreekbare naam kan dit enige plek tussen Limpopo en die Kongo wees!?

Nico ·

Hierdie kan voor die deur van Malema gelê word.
Sien dit in die lig van sy onlangse uitsprake.

Jakes ·

Dit is baie duidelik aan die foto dat hy tronkmateriaal is.

christo ·

Ja, dis die tipe geweld wat deur Malema gepropageer word. Enige geregsdienaar het die reg om hom/haarself te beskerm. Ek wonder net wie het aan hom die wapen/ voorwerp verskaf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.