Gevangene wat glo polisieman skiet weer vas

Lazarus Moseamedi. Foto: SAPD

Lazarus Moseamedi. Foto: SAPD

ʼn Gevangene wat teregstaan vir die moord op ʼn polisiebeampte en Maandagaand uit die Ritavi-polisiekantoor in Limpopo ontsnap het, is Woensdagmiddag weer vasgetrek.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê Lazarus Moseamedi (26) is in die Tzaneen-omgewing weer in hegtenis geneem.

Moseamedi is aanvanklik in Julie 2014 in hegtenis geneem nadat lt. Yezindaba Meshack Shikati (54) in Ritavi doodgeskiet is. Shikati en ʼn kollega, konst. Carrol Machaba, het reageer op ʼn klag by ʼn plaaslike kroeg toe hulle in ʼn lokval gelei is. Twee mans het in bosse naby die kroeg weggekruip en op die beamptes losgebrand.

Moseamedi het Maandag saam met vier ander gevangenes ontsnap toe hulle die ogiesdraad in hul oefenkamer by die polisiekantoor oopgesny het. Stanley Nkwana en Rufus Mkhawana is reeds die dag ná die ontsnapping weer vasgetrek.

Otto het Donderdag gesê polisie is steeds op die spoor van Kgomotso Mokhabudi en Dumisani Nukiwe Khosa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ampie ·

Interessant om die Ritavi polisiestasie se “mugshot” van die misdadiger te sien. Ten minste het niemand die kamera verloor nie en is daar iemand wat kan skryf. Van sulke onprofessionalisme kom ontsnappings, wegraak van die leers ens. Ogiesdraad om misdadigers in te hou! Huh?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.