Gevangene wat ontsnap toe polisie kos koop, steeds soek

Afra Rihotso (27)

Die Limpopo-polisie is steeds op soek na ʼn gevangene wat buite Polokwane (Pietersburg) by ʼn vulstasie uit aanhouding ontsnap het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het Vrydag ʼn foto van die verdagte, Afra Rihotso (27), uitgereik.

Maroela Media het vroeër berig Rihotso het Dinsdag omstreeks 20:00 ontsnap.

“Die gevangene is by die Thohoyandou-gevangenis opgelaai deur die Northam-polisie om hom hof toe te neem vir oortredings wat hy daar gepleeg het. Die polisiebeamptes het by ʼn vulstasie op die N1-snelweg buite Polokwane stilgehou om kos te gaan koop. Die gevangene het toe ʼn vuurwapen bekom wat hy op die polisiebeamptes gerig het, voor hy op vlug geslaan het.”

Ngoepe het gesê die omstandighede rakende sy ontsnapping en hoe hy die vuurwapen verkry het, word nader ondersoek. Hy het die vuurwapen vermoedelik in die gevangenis bekom.

Hy het ʼn beroep op die publiek gedoen om kapt. Boshomane by 079 894 5501 of Crime Stop by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Michael ·

Hierdie is so pateties al wat n mens kan sê is dat die ou darem die springbokke ondersteun??

Asjas ·

Wanneer jy steel is daar nie nog tyd om uit te soek of kieskeurig te wees nie.

Josua Keys ·

Ek wil graag weet hoe kan polisie beamptes kos koop terwyl hulle gevangenis vervoer, onder geen omstandighede as ek dit reg verstaan mag hulle enigsins oppad na die hof stilhou nie en daarom ry hulle gewoonlik met alarms aan om by die hof uit te kom, weereen die bewys van die SAP dissipline daarmee heen is. Die polisie beamptes moet maar verduidelik waarom hulle gestop het want koskoop is beslis nie aanvaarbaar nie.

Piet Snot ·

Die vuurwapen storie klink vir my opgemaak.
Maar, ek was nie daar nie.

Dark.O ·

Ek hou van Piet se van. Maar nie van polisie wat nie hulle werk behoorlik doen nie.

Tiger ·

Waar is die “polisiemanne” wat vir die gevangene verantwoordelik was nou?Hulle hoort agter tralies te wees!

Chris Ws ·

Hoe is dit moontlik dat ‘n gevangene met ‘n vuurwapen aan hom in ‘n polisie voertuig gelaai word?Waarom is hy nie eers vooraf deursoek nie?Hier is ‘n “cover up” aan die gang!

Bokkie ·

Is die deur nie “per ongeluk” oopgelos sodat hy kan ontsnap nie? Vra maar net.

Alida ·

Ag dis bollie! Die wapen is vir hom gegee en die deur is oopgelos!!!

Alida ·

Ag dis bollie! Die wapen is vir hom gegee en die deur is oopgelos!!!

Hanna ·

Ag hou op “wonder” en die saak kastig ondersoek. Dis duidelik n inside job! Nou now juis rocket science nie…

popeye ·

Die arme seun…net laasjaar Matriek geskryf. Het onderglyding in Krimenologie gekry.

Boswyk ·

Die poliste het die wapen vir hom gegee om doe KFC te roof en toe ontsnap hy met die hele hoender !

jannas ·

1. Piet eks mal oor jou van want als is SA is a pot Snot.
2. Advies aan die polisie – gaan check die springbok span of amal daar is.
3. Glo nie die polisie sal in die koue regtig soek nie. Hulle sit in die bakkies met die heaters aan en slaap.

John ·

Miskien het hy hulle ge’stick’ vir die ‘free ride home’… soos ‘n bokondersteun mos doen… Onthou ‘don’t drink and drive before a match’…

Ashlee ·

CS, ja dit klink so. Maar julle kannie meer lag. Die beskaafde Wereld lande het n meerdereid van blanke burgers, behalwe jul kontinent. En juis daarom is Suid-Afrika gedompel in n oneindige gemors.

Phillip ·

Wel hy kan sy verkartings werk Moor werk voort sit want hy is gehelp deer die SAP .Hier in Brits is daar 4 SAP voertiue wat saam ry en hulle jaag stof uit die teerpad uit . Almal uit diuk die hof

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.