Gevangenes as ambagsmanne opgelei

Argieffoto

Argieffoto

Meer as 9 000 gevangenes is as ambagsmanne opgelei, in ʼn poging om die land se vaardigheidstekort aan te spreek.

“Altesaam 9 403 gevangenes het in 2012/13 opleiding in sweiswerk, elektronika, loodgieterwerk, konstruksie, skrynwerk, verfwerk en kookvaardighede ontvang,” het die departement van korrektiewe dienste Sondag gesê. “Ongeveer R50 miljoen is bykomend tussen April 2012 en Maart 2014 van die Nasionale Vaardigheidsfonds aangewend om gevangenes in sweiswerk, loodgieterwerk, messelwerk, pleisterwerk, elektronika, skrynwerk en landbouvaardighede opgelei.”

Minister Sibusiso Ndebele glo die bevordering van vaardighede van gevangenes sal bydra tot hulle rehabilitasie. Die departement het gesê ʼn verslag, wat in Maart vrygestel is, toon aan dat 25% van gevangenes jong mense is. Minstens 95% sal na die samelewing terugkeer wanneer hulle hul vonnisse uitgedien het.

“Kinders so jonk as 17 het ernstige misdade gepleeg. Die gemiddelde gevangene is ʼn jong verslaafde wat voor hoërskool die skool verlaat het, ongeletterd en gewoonlik haweloos is,” het Ndebele gesê.

Die departement sê die statistiek regverdig sy fokus op gevangenes se rehabilitasie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alet ·

Hier is so baie BLankes wat dieselfde werk kan doen maar kry nie werk arme goed

Babs ·

So word hulle gratis opgelei en in poste aangestel en die wat self ten duurste betaal vir opleiding kry nie werk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.