Gevangenes in tronk deur ontkleedansers vermaak

Foto: Newspage.co.za.

Die departement van korrektiewe dienste moes Maandag bontstaan om vrae te beantwoord nadat foto’s die afgelope naweek aan die lig gekom het van oortreders in ʼn Johannesburgse tronk wat deur ontkleedansers vermaak word.

Dié foto’s, waarin daar gesien kan word hoe twee mans deur twee halfnaak vroue vasgehou en skynbaar ontklee word, is glo op 21 Junie geneem in die Johannesburg Medium B-gevangenis, meer bekend as die Sun City-gevangenis, ter viering van Jeugmaand.

James Smalberger, waarnemende hoofkommissaris van die departement van korrektiewe dienste (DKD), het Maandag tydens ʼn mediakonferensie die egtheid van die foto’s bevestig. “Hierdie tipe vermaak is totaal onaanvaarbaar en is nie goedgekeur in lyn met die DKD se beleid nie,” het Smalberger gesê.

Volgens Smalberger het die foto’s Saterdag onder die DKD se aandag gekom en is ʼn ondersoek onmiddellik van stapel gestuur. Hy het gesê na aanleiding van die voorlopige ondersoek sal 13 DKD-werknemers kennisgewings ontvang van die departement se voorneme om hulle te skors. Dit sluit volgens Smalberger bestuurslede sowel as algemene beamptes van die DKD in.

“Die saak se ondersoek word deur ʼn generaal van die DKD van ʼn ander provinsie gelei. Ons volgende terugvoersessie sal na verwagting Vrydag geskied. Ons sal dan ook weet wanneer die ondersoek afgehandel sal wees.”

Hy het gesê hoewel eksterne vermaak wel in die gevangenis toegelaat word tydens geleenthede soos die Jeugdagvieringe, is die tipe vermaak wat op die foto’s gesien word, nooit goedgekeur nie. Hy het gesê die foto’s toon dat daar duidelik ʼn “oortreding van die sekuriteitsmaatreëls” by die gevangenis was.

Foto: Newspage.co.za

“Die bestuur van die geleentheid moes dit nooit toegelaat het nie. Hul moes dit ook onmiddellik stopgesit het toe dit wel gebeur het. Die voorval is inderdaad baie ontnugterend en dit word verwerp met die minagting wat dit verdien.”

Smalberger het onvoorwaardelik om verskoning gevra aan “die mense van Suid-Afrika”. “Ons kan die publiek verseker die DKD sal alles in hul vermoë doen om te verseker dat die skuldiges aan die pen ry. Ons kan dit nie duld nie. Sekuriteit in hierdie tipe fasiliteite is uiters belangrik.”

Smalberger het bygevoeg dat geen belastingbetaler se geld gebruik is vir dié vermaak nie. Volgens hom het die DKD self daarvoor betaal en is vermaak-items as deel van die program goedgekeur.

Op ʼn vraag van die media hoekom daar vermaak aan oortreders gebied word, het Smalberger gesê rehabilitasieprogramme in die gevangenisse bestaan uit verskeie aspekte. “Ons moet onthou hierdie oortreders sal weer in die samelewing vrygelaat word. Rehabilitasie het verskeie vorme. Ons het byvoorbeeld oortreders wat aan ‘gumboot’-danse deelneem en geneem word om by skole en elders op te tree. Hierdie gedrag [soos op die foto’s] is egter nie aanvaarbaar nie en word nie deur die departement goedgekeur nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

92 Kommentare

Theresa B ·

Hoe belaglik!! Dis absurd!! KD word ook nou ‘n helse sirkus!!

Pieter Ellis ·

Jy is korrek. Nog meer belaglik is die DKD se houding van geen belasting betalers geld is gebruik nie, die DKD het betaal. Waar de dinges dink die man het die DKD die geld vandaan gekry? Dit is belasting betaler geld.

Connie Wehrmann ·

My hart is in stukke, ek werk die afgelope 9 jaar as vrywilliger in tronke in ons land en het ongeveer 400 geestelike werkers opgelei om restouratiewe geregtigheids programme aan te bied, meerderheid is vroue, hoe gaan ons vroue nou terug na hierdie sentrum? Hoe kyk die gevangene nou na ons? Wat van die gevangene se vrou, se kinders, die lede se vroue en kinders, hoe kyk hulle na hulle Pa, ja ‘n krimineel bly ‘n pa, al is hy in die tronk.
Hoeveel jonger en swakker gevangenisse is verkrag in die selle na hierdie “sex show” wat DCS durf rehabilitasie noem? Sal ons ooit weet, nee want hulle is te bang om te praat!
Mnr die President wat so ewe vroom op Courtney Pieterse se begrafnis gese het…. (bla, bla)
Nog ‘n probleem is die selfone en internet in die tronke, hulle kan met parlement vergaderings seine blok, maar kan nie permanent die seine blok in die tronke nie?
Net God Almagtig kan ons help, ek kan nie opgee om te probeer om ‘n verskil daarbinne te gaan maak nie, dit is my social responsibility, ek sal nie opgee nie, maar wel net baie versigtiger wees en baie wakker wees in die omgewing waarin ek my daarbinne begewe….
My hart is in stukke!

Anoniem ·

Dit lyk eerder asof hierdie gevangenes “gerehabiliteer” word om te verkrag as hulle uit die tronk kom.

Die DKD “het self vir die vermaak betaal, geen belasting geld is gebruik nie.” Het die personeel dit dan gereël met bydraes uit hulle eie salarisse? Twak!!!

Sê ek ook ·

En dis seker verkragters en pedofiele en sulke derglikes wat si gerehabiliteer word

Bertie ·

Stem 100% saam met jou op daai een, sluk ook maar swaar aan daardie pil. Al het hulle (die bewaarders) daarvoor betaal kom dit nog van indirek van belasting geld af.

Tronkvoël ·

Anoniem stem saam met jou twak gedeelte wragtag wat word hul geleer hier’ vat maar nou jy sal later kry’ genugtig hul is siek want wat maak hul in die tronk dit is laaste wat ek onthou jy is daar om te boet vir jou dade nou word hul beloon daarvoor en die bewaarders het seke lekke pap geskep toe dit pap reën really

CS ·

Liefste DKD, waar kom julle fondse vandaan?? Die REGERING begroot? Waar kom die regering se fondese vandaan? So ja Mnr ons fondse is gebruik vir die sirkus. Dit twrwyl daar nie behoorlike plekker van veiligheid is en verskeie kinderhuis en CYCC deure moet sluit weens tekort aan fondse….BELAGLIK

Jennifer ·

Jy ‘s so reg hieroor,ons dorp se kinderhuis en ouetehuis benodig fondse maar dit word deur die ANC verkwis.

Afrikaanse Knaap ·

Ek gaan nie na sulke klubs toe nie want ek kan dit nie bekostig nie.
Nou weet ek as ek tronk toe gaan kry ek verblyf, kos, opleiding, ontspanning en vermaak verniet.
Ek gaan my belasting geld weerhou tot hulle my tronk toe stuur. Bak plan.

mondkatjie ·

daai lyk meer na n straf as vermaak haaaahahaha -siesa

SP ·

En waar kry DKD die geld om vir die vermaak te betaal? Verseker belastinggeld!

SP ·

007,dalk het hulle na n paar James Bond flieks gekyk en probeer dit na aap. ??

Aitoggie ·

Ja veral wat ons weet, is van daardie gevangene moordenaars, molesteerders en verkragters. Dis skokkend om die minste te sê.

Middelburger ·

DKD self daarvoor betaal???? Waar dink hy kry die DKD sy geld vandaan??? Lekker lewe in ons piesang republiek!

Liza101 ·

“Die DKD het self daarvoor betaal”????? Waar kom die geld vandaan??? Belastingbetalers se geld!

Tanya ·

Ek dink elke keer… “nou het ek alles gesien”, maar sweerlik, ek het nou alles gesien. Hoe lekker gaan dit nie in Suid Afrikaanse tronke nie. Daar is meer plesier daar binne as hier buite. Ek het eerlikwaar nie woorde nie.

Andre ·

Tanya jy sal nog meer verbaas wees as jy weet hoe lekker dit regtig in die tronke gaan. Ons tronke is hotelle en is een van die hoofredes waarom SA die hoogste misdaadsyfer in die wêreld het (ja die HOOGSTE, vergeet maar van die sg. amptelike syfers). Straf is veronderstel om misdadigers af te skrik, maar presies die teendeel geld hier. Sien ook die ander dag die gevangenes het splinternuwe sportuitrusting en speel te lekker sokker. Die man op straat het nie ‘n benul van waat aangaan nie.

Honger ·

Die DKD maak die manne in die gevangenis “honger”. Op die ou einde sal die manne in die gevangenis nie wil uit nie! Hul word dan nou vermaak.

Scalla ·

Dis hoekom ons rommelstatus is, jaag die organiseerders onmiddelik weg sonder enige vergoeding, verleentheid, swak.

Sam ·

Hoe kan hy se die DKD het self daarvoor betaal maar in dieselfde asem se hy belastingbetalers se geld is nie gebruik nie? Ek dog dan die DKD is n staatsinstelling wat deur die staat befonds word en dus belastingfondse gebruik. Hoe nou? Help my reg asb. Of hou die DKD ons geld vir ander uitgawes en dis maar reg om “hulle” geld op luukshede te spandeer?

zoom zoom ·

Hierdie ouens verdien sekerlik ook ‘n stewige bonus vir die vermaak wat hulle gereel het vir die in die tronk.

Willie ·

Ek is nie snaaks nie maar die hooker lyk vir my meer soos n sinker… Dis absoluut absurd, belaglik, tog is niks meer verrasind in die RSA van ons nie…

Mandie Venter ·

“ter viering van Jeugmaand” … in alle eerlikheid dis wraggies nie die manier hoe Jeugmaand gevier moet word nie!

Magriet ·

Lyk daai vir iemand na Jeugdiges?????? Die sogenaamde rehabilitasie programme vir seksuele oortreders leer die gevangene om respek te he vir ‘n vrou. Ek vra jou …………

Johann van Cullinan ·

Ja reg. Nou gaan daar opgetree word, nadat sulke absurte dinge aan die lig gekom het. Met ander woorde, indien dit nie onder die publiek se aandag gekom het nie, sou dit aangegaan het. Hou sou doe bewaarders al die gevangenisse gekeer het, indien dinge sou handuitruk ?

jaco ·

julle mis almal een ding: die waarnemende hoofkommissaris se naam laat my vermoed hy is of wit of kleurling. dis nogal ‘n interessante aanstelling, al is dit net waarnemend, vir n staatsdepartement, waar regstellende aksie vir mense met die “regte” velkleur hoogty vier.

Suzanne ·

Seker ook nog verkragters wat daar saam hulle dans en kyk. Belaglik, hulle moet geen vermaak ontvang nie, hulle is misdadigers wat iemand anders se regte gebreuk het, moet eintlik geen regte he daar binne nie. Siek .

broos ·

kfc, tablets, strippers en “baie swaar” straf van 10 jaar vir moord…..gn wonder die tronke is tot oorlopens toe vol nie!! is om van siek te word!!

Lee ·

AFSTOOTLIK – AFGRYSLIK
En die bewaarders hou saam “party”. Nou gaan hulle seker bevordering kry ?

CAROL ·

Moet nogals n lekker lewe in die tronk wees. Hul kry danser, laptops het tv’s, yskaste en ketels oh ja en selfone!!! Kort nog net n Take Aways menu en delivery service – dans hul mooi gesettle!

Eish ·

Genade tog. Geen wonder HermanToerien se artikel skets die nuwe orde van ” verdomming” wat ons ingaan nie. Duidelik is die teenwoordiges besig om die ” lyfstraf” rehabilitasieprogram hul volle samewerking te gee.

Sw ·

Is dit hoe my belastinggeld misbruik word? Is die gevangenes nie veronderstel om gestraf te word vir hul misdade nie – nou word daar lekker geparty!
Dis die wat ons land geen dissipline het nie – want die skurke het ñ beter lewe as die landsburgers!
Die lot moet gefire word!

Alida ·

Geen wonder daar is so baie “ontsnappings” nie. Dit is onaanvaarbaar en siek verby.

foxi ·

Skandalig man!!! Dis soos n sodom en gomorra advertensie……..genugtig, het die tronk bewaarders nie meer iets tussen daardie ore nie. Wat het van respek geword vir die mensdom……..sjoe!

Koos B ·

Hulle gaan nou seker self betaal ook om die skuldiges aan te keer.

AP ·

Vrot verby kan net dink daai sweet stink reuk , net n gevangene kan dit waardeer

Poppie ·

Sjoe! Wonder wie wat daar was, het die foto en videos geneem…. Of word daar selfone ook toegelaat… As dit een van die kriminele was, hoekom sou hy homself in die voet skiet hieroor… dis simpel, vulger en vieslik verby wat hier in SA aangaan hoor!!

Piet Pompies ·

Hierdie klomp snert word uitgedink en uitgevoer deur mense wat nie hulle werk doen. Hulle sit heeldag op hulle agter kante en doen nie hulle werk en dan dink hulle die klomp goed uit.
Mens sal nogal dink dat ‘n hoof of ‘n bestuurder ten minste ‘n goeie opvoeding gehad het en nie betrokke sal wees by sulke gemors.
Vrot en vuil, ga

H... ·

nou gaan dit die skurke net nog meer aanhits om te steel en moor want dis dan so lekker in die tronk….

Thea ·

Daai dansers is seker vd reserwes kyk daai dimpels ek dik lywe……gril my dood!! Versonserstel beggers cant be choosers!!!
Siesa!!

Leana ·

Alles op die belastingbetaler se rekening!! Dit is soooo lekker in Suid Afrika!!

Sonskyn ·

Net sodra ek dink niks kan my meer verstom nie, kom daar ‘n cracker soos hierdie een! Oeh eh eh…

Marisa ·

Die mense het lankal nie meer ‘n idee van wat aanvaarbaar is volgens normale lewensstandaarde nie. Vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie.

Theresa ·

Absurd. ‘n Verskoning is glad nie genoeg nie. Dis senior rangdraers wat daar sit en staan en als gade slaan. Van wanneer af het enige gevangene die voorreg om plesiertjies soos hierdie te geniet OF enige ander vermaaklikheid hoef te beleef in tronk! Rehabiliteer die misdadiger stelselmatig SONDER vermaak. Leer hom/haar om ander se goed te respekteer en uit te los. Om ander met agting te hanteer (bv. leer so ‘n mens om juis hierdie tipe vermaak te vermy????!!!! Hierdie is ‘n skande vir Suid-Afrika. Nog een tussen honderde ander skandes.

Rommelstatus ·

Dit is SA tot rommelstatus geëtikiteer is. Weteloosheid…wie kom weg met als…”number 1″…..dáárom syfer dit deur na alle vlakke van ons land!!!

Swart kat ·

Plaas dat hulle die paie bou en landerye bou vir kos wat rehab is om teleer dat jy moet werk om iets tekan he doen le hulle nou so rond en mors ons belasting geld

Helen ·

En waar is die foto van waar KFC ook aan hulle uit gedeel was???

Jan ·

Binne die tronke kafoeffel dit en buite die tronke brand dit af. Nou kan die ANC maar regtig vir Zuma in die pad steek, hy het nou al als in die land gekontamineer.

Gideon ·

Lekker man lekker. Die beste is die belastingbetaler betaal daarvoor. Ek moet erken dat ek omtrent al die dinge wat tans in hierdie land gebeur voorsien het, hierdie een het my egter verras.

Antie ·

Nou het ek verdomp alles gesien. G’n wonder hulle bly oor en oor in die tronk land nie, dis te damn lekker daar en die belastingbetaler hoes en betaal terwyl die kriminele jollie pertrollie.

Alida ·

Daai “vroue van die nag” werk nie verniet nie. Wie betaal hulle?

Hans ·

Die besit van selfone wat hulle in staat stel om videos uit die gevangenis te stuur is n ernstige sekuriteitsbreuk!!

Verstaan nou nie ·

Nou wonder die mense op straat hoekom hierdie land is soos hy is. Jy kan n krimineel wees en dan sommer n paar ‘stripshows” in die tronk meemaak en lekker partytjie hou. Dis seker hoekom daar gese word ” In SA Crime Pays”.

Annie ·

Daar word versekering gegee dat niks van die belasting betalers se geld gebruik is vir die verhaal nie.

Nou word hulle geskors – seker met vol betaling vir maande. Nou wonder ek wie se geld word gebruik om vir die geskorste amptenare te betaal.

Maak ook nou vir my al hoe meer sin dat daar soveel ontsnappings plaasvind. Amptenare te besig met snert as om hul werk te doen.

Nettie ·

Mense, waaroor gaan julle so tekere? Die gevangenes is ook mense, hulle het ook regte …. Dit was tog ‘afterall’ Jeugdag-vieringe! Hoekom mag hulle nie ‘n bietjie vermaak ook in die tronk hê nie? Hulle kry in elk geval maar baie min en word die HELE dag opgesluit. Die tronk-kos word net deur buitenshuise spysenierdienste gemaak, hulle kan net Dstv op televisie kyk, hulle klere is standaard regering-tronk oorpakke, hulle kry net warm en koue water in hul storte, hul mediese sorg word net deur die belastingbetaler betaal, hullekry maar net toegang tot rekenaars, selfone, dwelms, drank en dies meer deur die wagte …. Foeitog, gun die arme mense ook iets?

Hans ·

Gevangenes besit selfone waarmee hulle videos kan versprei dit is mos n ernstige sejuriteitsbreuk.

Johanna Botha ·

Die DKD maak die domste stelling deur te se dis nie belasting betalers se geld wat gebruik word nie …..dis nie die punt nie mnr… JY doen nie jou werk nie ! En deur nie jou werk te doen mors jy die belastingbetaler se geld. Die feit dat die bewaarders die moed het om so iets te kan reel en dink hulle kan daarmee wegkom laat mens net besef watse gesag jy as die DKD het .. n lamsal en n skande !

Chaparel ·

Wat volg? n staatstoelaag vir elke tronkvoel wat sy straf uit geparty het, bruilofte in die tronk waar elke tronkvoel uitgenodig is nee wat dit gaan lekker in ons ou SA he he he.

Boetman ·

Dankie tog ek hoef nie na dit te gekyk het nie. Sommer naar.

Johan ·

Ja net in ons land hier in my straat het n anc vrou gesterf julle moet hoor dit klink soos die 2 wereld oorlog al van donderdag af soos hulle met vuurwapens skiet in die aand …en ja wat doen ons geliefde saps oor dit NIKS nie ….DIS NET ONS LAND WAT DIE GEREG WN WET SO USELESS IS

Amanda Owen ·

Nee genoeg is darem nou genoeg – is dit waarvoor ek belasting betaal??? Lekker-lekker in die tronk!!

Sonneblom ·

Elke dag raak die hoop in my hart minder vir hierdie land :-(

sjoe ·

Dis darem maar onregverdig teenoor ander tronke se gevangenis hulle menseregte word mos nou geskend watse vermaak het hulle op jeugdag gekry? Nee ernstig sit hulle in voetboeie aan n ketting en gee hulle harde arbeid die wat nie werk nie kry ook nie kos nie. Dit behoort mense twee keer te laat dink oor tronk toe gaan.

Kay ·

is ons enigsins verbaas … hulle doen die misdaad en dan word hulle vergoed daarvoor .moor, roof en verkrag is aan die orde van die dag en hulle kry KFC wat van die honger mense in die wit plakkerskampe wat niks oor het nie gee vir hulle die hoender … hoekom het dit verander in die tronke … hulle moet werk en toe gesluit word en dis al … hulle het deur die misdaad mense se regte weggeneem en so moet hulle regte weg geneem word … en hulle moenie vergoed word nie .

Maar ja ons is in RSA .. say no more

Deon ·

Almal van ons hier is lankal reeds bewus van die verkragting van die aanwending van die belastingbetaler se geld. Wie is in beheer en watse voorbeeld word daar gestel, as mens daarna kyk is dit geen wonder dat daar vervalling is oral oor ……morele waardes, watse morelee waardes…bestaan nie in die “…..” se woordeskat nie, korrupsie, bedrog, diefstal, afbreking, wanorde, ……so kan ons aangaan. Hiermee is hul heel vertroud mee.

Ek wil by die “DKD” hoor terwyl die beursie oop is of ek n aansoek in kan sit vir komende kersfees vir n geskenkpakkie vir alle gevangenes. Miskien kan ek ook n rand maak, sal seker eers vir BEE moet registreer en n familielid van die wat in beheer is as n besigheids partner moet he.

Dan kan ons ook moontlik n Penthouse in Dubai bekostig, en oor n Internasionale Bank rekening beskik.

Lekker Sirkus die, nie een waarvoor ons op ge-sign het nie, maar mee opgeskeep sit.

Nie verbaas ·

Kan nie verstann dat almal so verbaas is nie die plek se naam is tog immers “Sun City”
Wat het julle verwag?

Grap ·

Kyk in die 2 de vote in die agter kant n man in DKD 4 rang met sy rug na die gevangene geen toesig nie

Kaspaas ·

Absurd verby!
Net toe Ek dink niks in hierdie land, kan my meer verras nie…

Philip ·

Dit is waar dat hierdie tiepe vermaak onaanvaarbaar is, maar moenie vir een oomblik dink dit is lekker daar, en se ja jy het n dak oor jou kop en kos ens. nie, want om 23 uur elke dag saam met 50 mense in n sel toegesluit te wees, geen warm water vir stort nie, nie eers altyd jou eie bed nie, aaklige kos, en walglike omstandighede, as jy siek is of tand pyn het kan dit dae selfs weke vat om hulp te kry, elke dag is n struggle om net kop bo water te hou, en tot jou vryheid nie weg geneem word nie kan jy nie besef wat dit werd is nie, jy kan nie n ketel aansit en koffie maak as jy lus is of n yskas oop maak en n toebroodjie maak as jy honger is nie, jy vat wat jy kry en hoop jy kan dit hou. Dit is maklik om te se verwyder selfone of blok die syn, n gevange het ook n reg om met families te komunikeer, vroer jare kon die gevangenis gebruik maak van kaart telefone sekerte tye van die dag, toe was daar geen probleem met selfone nie dit is vanaf die DKD opgehou het om gevangenis toegang tot die betaal fone te gee wat hulle forseer word om selfone in te smokel, en meeste van die tyd is dit die bewaarders wat fone en dwelms in smokel en verkoop om hulle sake vol geld te stop.

Kosie ·

As hulle uit hul eie sakke betaal vir die vermaak het ek nie ‘n probleem nie.

DOLLA ·

Wat van ons OUMENSE in die ouetehuise, hulle het nie kos of enige gerief nie en dis hulle na wie ons eintlik moet kyk, hulle word mishandel in die ouetehuise, hulle goedjies en klere word gesteel daar, en kry baie baie swaar, maar die tronkfriekenvoels word beter behandel as al die oumense in hierdie land, Mnr mevrou, waar is jou ouers, weet jy nog waar hulle is, sorg jy nog vir hulle, MENSE ONS MOET WAKKER WORD. – GOD SLAAP NIE.

Anoniem ·

Die storie raak nou regtig afgesaag. Maroela Media ek is seker daar gaan baie ander goed in ons land aan as om oor die aan te hou.

ME ·

Solank as wat vroue bereid is om te paradeer sodat hulle boude en borste bekyk en beoordeel kan word sal alle vroue as seks objekte gesien en behandel word. Een oomblik veg ons vir die beskerming van vroue en kinders en die volgende oomblik is daar weer ‘n vrou wat bereid is om haarself so te laat misbruik. Wat se die Engelse “There is never winning the battle of the sexes. There is too much sleeping with the enemy going on.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.