Gevangenes skiet bewaarder, ontsnap

Argieffoto

Argieffoto

Die hoof van korrektiewe dienste in Senekal in die Vrystaat is Vrydag geskiet toe sewe gevangenes uit die tronk ontsnap het.

Die Vrystaatse polisie het in ʼn verklaring gesê die hoof van die gevangenis het saam met nog ʼn bewaarder ʼn roetine-besoek aan die selle gebring toe sewe gevangenes hulle oorval het. Een van die gevangenes het ʼn vuurwapen uitgeruk en die gevangenishoof in sy been geskiet.

“Die gevangenes het die sleutels by die bewaarders gegryp en uit die tronk gehardloop. Ses van hulle is egter kort daarna deur die polisie in Senekal weer in hegtenis geneem,” lui die verklaring. Die sewende verdagte is nog op vrye voet.

Die verdagtes is verhoorafwagtendes wat in hegtenis geneem is op aanklagte van koperdiefstal en roof. Bykomende aanklagte van poging tot moord en ontsnapping uit wettige aanhouding is ná die voorval teen hulle aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

DPJ ·

Korupsie dat die gevange vuurwapen het. Dit kon tot die hoof gelei het. Jammer dat die koruptebeampt skotvry kom. Nou moet so veel maatreëls in plek kom oor een kurupte beampte. Paraatheid moet op geskerp word by alle tronke.

Berhalet Beukes ·

Die gevangenes sou nie ‘n vuurwapen gehad het as iemand in die korrektiewe dienste nie betrokke met die insmokkel daarvan was nie… Wanneer gaan ons regering ophou vasklou aan die klug wat ons almal weet voorgehou word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.