Gevangenes vas oor slenter

Argieffoto

Die nasionale teenkorrupsie ondersoekeenheid het ʼn slenter, wat uit ʼn gevangenis bedryf is, oopgevlek.

Twee verdagtes, onderskeidelik 24 en 44 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag dat hulle wetsgehoorsame burgers uit kontant bedrieg het.

Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, het gesê die ondersoekeenheid het in Julie 2017 met die ondersoek begin nadat die polisie klagtes op die Crime Stop-nommer 086 00 10111 ontvang het. Volgens die klagtes het die bedrieërs verskeie polisiestasies gekontak en hulself voorgedoen as senior polisiebeamptes.

Die bedrieërs het daarna inligting oor klaers en verdagtes van strafregtelike sake bekom, hoofsaaklik sake wat met kapings en diefstal uit motorvoertuie verband hou. Hulle het dan dié inligting gebruik om deur afpersing geld uit hul slagoffers te bekom, het Mogale verduidelik. “Die besonderhede hoe en van waar hulle die inligting bekom het, word ook ondersoek.”

Volgens Mogale het die bedrieërs dan die slagoffers gekontak, en ingelig dat hul voertuie gevind is en dat hulle ʼn bedrag geld deur e-wallet/geldmark moes deponeer om hul voertuie terug te kry. In die geval van persone wat in hegtenis geneem is, het die bedrieërs hul naasbestaandes gekontak en geld op só manier bekom.

“Die polisie se nasionale teenkorrupsie ondersoekeenheid het deur sy ondersoek ontdek dat die bedrieërs persone in Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Noord-Kaap uitgebuit het.”

Twee verdagtes is by ʼn gevangenis in Pretoria in hegtenis geneem. “Die verdagtes het selfone in hul besit gehad wat gebruik is om die slagoffers mee te kontak.”

Die verdagtes, Lucas Masemola (44) van Soshanguve en Tebogo Makena (24) van Mamelodi-Wes het reeds in die Kempton Park-streekshof verskyn op aanklag van uitbuiting, bedrog, diefstal, dwarsboming van die gereg en dat hulle hulself as polisiebeamptes voorgedoen het. Hulle bly in aanhouding tot 4 Desember.

“Lede van die gemeenskap, wat ook in dié strik gevang is, word versoek om kapt. Kwena Sefaamela te kontak by 071 361 9419 of sers. Mpho Mashishi by 082 770 5404.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Leahim ·

Hierdie is die kersie op die koek verstaan ek reg skelms bel die polisie uit die gevangenis en kry inligting oor sake wat die polisie ondersoek ,gebruik dan daardie inligting om die mense uit geld te swendel.Ek het regtig gedink die polisie weet nie wat hulle doen nie nou is die feite daar om dit te bewys.Die polisie moet soos mugabe onthef word van hulle poste en van voor af aangestel word en een van die vereistes moet wees dat jy kan lees en skryf

Regtig ·

Verdagtes is in die gevangenis in hegtenis geneem. Hul is dan alreeds in die tronk…

MeisieMens ·

Ek het presies dieselfde gedink… Niks in die land verbaas my meer nie.

Gevangenis in die gevangenis in hegtenis geneem en bly in aanhouding….. Sal so dink, ja.

Entrepreneur ·

Entrepreneurskap ken ook geen einde, of is dit eerder perke?

bgj van der westhuizen ·

swak sapd dat mense in die tronk uit kan bel en inligting kry

Cor ·

Ongelooflik dat net twee persone betrokke is dit betwyfel ek sterk. Die polisie stasie gee vir jou inligting oor die foon, ek wonder maar net dan het die twee seker fotografiese geheue of n super brein wat alles net so oor die foon inneem sonder om detail uit te laat. Klink maar vir my soos n Harry Potter storie.

Willie ·

Joh nou het ek als gehoor, innoverende korrupte spul… hier is baie betrokke, gevangenis, en SAPD op die “Payroll”…

nana ·

Dink die Polisie nou werklik dat as die persone wat hul soek nou met die Polisie in kontak sal kom? Goed as hul nie skuldig is nie is ‘n ander saak. Ek hoop werklik dat die hele storie oop gevlek sal word en die Polisie personeel wat sulke inligting oor ‘n foon gee aan die pen sal ry. Dit is mos ongehoort. Die Polisie van alle mense behoort mos van beter te weet, maar nou ja in S.A. is dit duidelik dat jy maar kan doen net wat jy wil en daar kom peanuts daarvan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.