Gevierde SA fotograaf sterf

David Goldblatt. Foto: ANA via Gcinda Ndwalane.

David Goldblatt, gevierde fotograaf en ontvanger van die nasionale Orde van Ikhamanga, is in die ouderdom van 87 dood.

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag gesê hy is hartseer oor Goldblatt se afsterwe.

Goldblatt was nie net plaaslik bekend nie, maar ook ʼn internasionaal gerekende dokumentêre fotograaf.

“Ons het nog een van ons gevierde fotograwe verloor wat deur sy lens sy naam as een van ons land se bekendste dokumenteerders van die struggles van ons mense opgebou het,” het Ramaphosa gesê.

Ramaphosa het gesê Suid-Afrika is trots op Goldblatt se bydrae deur fotografie en het bygevoeg dat hy sy stempel afgedruk het op “ons inklusiewe kultuur”. “Ons wil graag ons diepste medelye aan sy gesin betuig. Mag sy siel in vrede rus.”

In ooreenstemming met die Joodse tradisie sal Goldblatt Dinsdag om 12:00 in die Westpark-begraafplaas begrawe word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.